Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:4-15 Die Boodskap (DB)

4. Selfs dan nog sal die farao aanhou weier om na julle te luister. Ek sal dan reg wees wanneer Ek op Egipte afstorm en groot rampe oor hulle bring. In dieselfde tyd sal Ek al die families van Israel uit Egipte wegvat.

5. Wanneer Ek Egipte gryp en die Israeliete onder hulle laat wegtrek, sal Egipte agterkom wie Ek, die Here, werklik is.”

6. Moses en Aäron het presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het.

7. Die tyd toe hulle met die farao gaan praat het, was Moses alreeds 80 jaar oud en Aäron 83.

8. Die Here sê toe vir Moses en Aäron:

9. “Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.”

10. Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander.

11. Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding.

12. Soos hulle elkeen sy kierie op die grond neergooi, verander dit in ’n slang. Aäron se kierie het egter hulle slange ingesluk.

13. Die farao het nogtans hardkoppig gebly, soos die Here gesê het dit sou gebeur. Hy het geweier om na Moses-hulle te luister.

14. Die Here sê toe vir Moses: “Die farao is hardekwas. Hy bly weier om die volk weg te stuur.

15. Jy moet môreoggend vroeg vir hom langs die Nyl gaan wag. Sorg dat jy die kierie wat in ’n slang verander het by jou het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7