hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7 Die Boodskap (DB)

Egipte sal besef wie die Here werklik is

1. Die Here sê toe vir Moses: “Let op, Ek gaan jou soos ’n god vir die farao maak. Jou broer Aäron sal soos iemand maak wat God se boodskap vir mense bring. Hy sal jou woorde vir die farao gaan oordra.

2. Alles wat Ek jou beveel het, moet jy vir jou broer Aäron sê. Hy kan dit weer vir die farao sê sodat hy die Israeliete uit sy land kan wegstuur.

3. Maar Ek gaan die farao hardkoppig maak. Ek sal dan baie goeie rede hê om tekens en wonders in Egipte te doen.

4. Selfs dan nog sal die farao aanhou weier om na julle te luister. Ek sal dan reg wees wanneer Ek op Egipte afstorm en groot rampe oor hulle bring. In dieselfde tyd sal Ek al die families van Israel uit Egipte wegvat.

5. Wanneer Ek Egipte gryp en die Israeliete onder hulle laat wegtrek, sal Egipte agterkom wie Ek, die Here, werklik is.”

6. Moses en Aäron het presies net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het.

7. Die tyd toe hulle met die farao gaan praat het, was Moses alreeds 80 jaar oud en Aäron 83.

Kieries word slange

8. Die Here sê toe vir Moses en Aäron:

9. “Wanneer die farao vra dat julle iets moet doen wat vir hom kan bewys dat julle van God af kom, moet jy vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit voor die farao op die grond neer te gooi. Dit sal dan in ’n slang verander.”

10. Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander.

11. Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding.

12. Soos hulle elkeen sy kierie op die grond neergooi, verander dit in ’n slang. Aäron se kierie het egter hulle slange ingesluk.

13. Die farao het nogtans hardkoppig gebly, soos die Here gesê het dit sou gebeur. Hy het geweier om na Moses-hulle te luister.

Water verander in bloed

14. Die Here sê toe vir Moses: “Die farao is hardekwas. Hy bly weier om die volk weg te stuur.

15. Jy moet môreoggend vroeg vir hom langs die Nyl gaan wag. Sorg dat jy die kierie wat in ’n slang verander het by jou het.

16. Jy moet dan vir hom sê: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het my na jou toe gestuur. Hy sê jy moet sy volk toelaat om na die woestyn toe te gaan dat hulle daar tot Hom kan gaan bid. Tot nou toe het jy geweier om na hierdie opdrag te luister.

17. Die Here gaan jou nou dwing om te erken dat Hy die Here is. Ek gaan met hierdie kierie in my hand op die rivier se water slaan. Die water gaan dan in bloed verander.

18. Die visse in die rivier sal almal vrek. Dit sal so stink dat niemand in Egipte water uit die rivier sal kan drink nie.’”

19. Die Here het vir Moses gesê hy moet vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit uit te steek na al die plekke waar daar water in Egipte is. Hy moet dit uitsteek na die spruite, na die riviere, na die vleilande en na die damme. Al die water in die land sal dan in bloed verander. Selfs ook die water wat in emmers geskep is en in bakke is, sal in bloed verander.

20. Moses en Aäron het toe net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Terwyl die farao en sy amptenare staan en kyk, het Moses sy kierie gevat en op die water by die rivier geslaan. Al die water in die rivier het in bloed verander.

21. Die vis in die rivier het gevrek. Die rivier het so sleg begin ruik dat niemand in Egipte die water van die rivier kon drink nie. Oor die hele land was daar net bloed.

22. Die Egiptiese towenaars kon dieselfde doen met hulle kunsies. Al wat gebeur het, was dat die farao hom net verder teëgesit het en geweier het om na hulle te luister. Dit was mos soos die Here gesê het dit sal gebeur.

23. Die farao het toe die rug vir hulle gedraai en teruggegaan huis toe. Hy het hom glad nie verder gesteur aan wat daar gebeur het nie.

24. Die Egiptenaars het toe waterputte al langs die Nyl gegrawe omdat niemand die water van die rivier kon drink nie.

25. Die ramp waarmee die Here die rivier getref het, het sewe dae lank aangehou.