hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22 Die Boodskap (DB)

Dawid se danklied

1. Dawid het hierdie lied vir die Here geskryf nadat die Here hom gehelp het teen al sy vyande en teen Saul.

2. Die Here is vir my soos ’n plek tussen die rotse waar ek kan wegkruip;by Hom kan niemand my bykom nie.

3. My God, by U is ’n mens altyd veilig.U keer my vyande; U maak my sterk sodat ek hulle kan wen.U is ’n veilige wegkruipplek; U help my teen al die geweld.

4. Die Here moet geprys word,want as ek sy hulp vra,help Hy my teen my vyande.

5. Soos ’n groot golf wou die dood oor my breek,soos ’n vol rivier wou hy my saamsleep.

6. Ek was klaar vas in die dood se toue,ek het al klaar in sy strik getrap.

7. Toe ek so diep in die moeilikheid was,het ek na die Here geroep;ek het geskree my God moet my help.In sy paleis het Hy gehoor hoe ek roep;Hy het gehoor hoe benoud ek is.

8. Daar was ’n groot aardbewing;dit het gevoel of die hemel in sy fondamente geskud word,want die Here was baie kwaad.

9. As Hy kwaad is, is dit soos ’n vuurspuwende bergwaar die rook uit trek en vuur en lawa uitstroom.

10. Hy het die hemel oopgeskuif en afgekom;Hy het op donker wolke gaan staan.

11. Dit het gelyk of Hy in die wolke op ’n dier met vlerke ry,of die stormwind sy vlerke is waarmee Hy vlieg.

12. Die Here het in ’n donderstorm nader gekom,in die donker reënwolke.

13. Daar waar Hy was, het die blitse geslaan.

14. Toe die weer dreun, kon jy weet: dis die Here wat daar praat,dis die hoë God se stem!

15. Met weerligstrale het die Here my vyande uitmekaargejaag;die blitse het hulle op loop gesit.

16. As die Here kwaad is en Hy praat, is dit soos ’n orkaan;as Hy so hard praat, gee die see sommer padsodat jy die aarde se fondamente kan sien.

17. Die Here het uit die hemel my hand gegrypen my uit die woeste water opgetrek.

18. Hy het my weggeruk van my grootste vyand af,van dié mense af wat my haat en te sterk is vir my.

19. Hulle het my aangeval toe ek swak was,maar die Here het my regop gehou.

20. Die Here het my na ’n veilige plek gevat;Hy het my uitgehelp, want Hy hou van my.

21. Die Here het dit vir my gedoen omdat ek onskuldig is;Hy was goed vir my, want ek het nie kwaad gedoen nie.

22. Ek het gedoen wat die Here vir my gesê het;ek het nie my rug vir God gedraai nie.

23. Ek dink gedurig aan alles wat Hý wil hê ek moet doen;ek maak soos Hy sê.

24. Ek het presies gedoen wat die Here van ’n mens verwag;ek het gesorg dat ek niks verkeerds doen nie.

25. Die Here was aan my kant,want Hy het geweet ek is onskuldig.

26. Here, U sorg vir dié wat aan U getrou is;vir ’n mens wat voluit vir U lewe, gee U alles.

27. Vir die een wat ’n skoon lewe lei, is U goed.Maar ’n vals mens kry teëspoed by U.

28. U help mense op wie daar getrap word,maar U hou ’n hoogmoedige mens dopen haal hom van sy troontjie af.

29. Here, U is vir my soos ’n lampwat die donker om my wegvat.

30. As U my help, hardloop ek oor ’n skans;as my God by my is, klim ek oor ’n stad se muur.

31. God maak nie foute nie;die Here praat net die waarheid.As ’n mens in die moeilikheid is en na Hom toe gaan,beskerm Hy jou.

32. Daar is nie nog ’n god behalwe die Here nie,en ’n mens is nêrens so veilig soos by ons God nie.

33. God maak my sterk;Hy maak my pad gelyk.

34. Hy maak my so rats soos ’n ribboksodat ek op ’n steil krans kan staan.

35. Hy leer my hoe om oorlog te maak,hoe om met ’n koperboog te skiet.

36. Here, U het my beskerm en my gehelp.U het my sterk gemaak toe U my gebed geantwoord het.

37. U maak die grond gelyk onder my,my voete sal nie swik nie.

38. Ek kon my vyande inhaal en hulle platloop.Ek kon aanhou tot hulle gedaan is.

39. Ek het hulle so platgeslaandat hulle nie weer kan opstaan nie.Hulle is teen die grond.

40. U het my die krag gegee om te veg;U het my vyande op hulle knieë gedwing.

41. Hulle het vir my gevlug;ek kon dié wat teen my is, uitroei.

42. Hulle het geskree iemand moet hulle help,maar niemand kon nie.Hulle het na U geroep, Here,maar U wou hulle nie antwoord nie.

43. Ek het hulle stukkend getrap,ek het oor hulle geloop soos ’n mens oor stof en modder in die strate loop.

44. U het my gehelp toe my eie mense my wou onderkry.U het my boonop die koning van ander volke gemaak;mense wat ek nie eens ken nie, werk vir my

45. en vreemde mense kruip voor my.As ek praat, doen hulle wat ek sê.

46. Hierdie vreemde mense kon nie meer teen my veg nie,hulle moes maar oorgee.

47. Die Here leef!Die Here moet geprys word!Hy het my beskerm.Die God wat my beskerm en help,moet grootgemaak word!

48. Hy is die God wat my laat wen,wat volke aan my gehoorsaam maak,

49. wat my vry gemaak het van my vyande.U het gesorg dat hulle my nie bykom nie;U het my weggeruk van mense wat net op geweld uit is.

50. Daarom wil ek U prys, Here,wil ek vir die mense sing tot u eer.

51. Die Here laat sy koning ver wen;Hy is goed vir die koning wat Hy gekies het,vir Dawid en sy mense wat lank na hom sal regeer.