Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Ek kyk toe weer mooi, en wat sien ek? Op die heilige berg Sion het Jesus, die Lam, gestaan en by Hom was 144 000 mense. Elkeen van hulle het die Naam van die Lam en die Naam van sy Vader duidelik op hulle voorkoppe geskryf gehad.

2. Ek het toe iemand uit die hemel hoor praat. Dit het geklink soos ’n geweldige donderstorm met water wat neergiet. Maar die stem het tegelyk soos pragtige musiek geklink.

3. Al hierdie mense het die pragtigste lied gesing wat niemand nog ooit gehoor het nie. Voor God op sy troon en die vier lewende wesens en die kerkleiers het die lied opgeklink. Snaaks genoeg kon niemand anders hierdie lied aanleer of sing nie. Dit was spesiaal net vir die 144 000. God het hulle mos vrygekoop van dit wat hulle op die aarde gebind het.

4. Hierdie mans het nie onsedelik saam met vroue geleef nie. Hulle is rein. Hulle het die Lam gevolg net waar Hy gegaan het. God het hulle eerste uit al die mense sy eiendom gemaak. Hulle is die eerstes van nog baie ander wat aan God en die Lam gaan behoort.

5. Hulle het ook nooit vir enigiemand gelieg nie. Teen hulle is daar niks te sê nie.

6. Toe sien ek nog ’n ander engel wat bo my tussen die wolke vlieg. Die engel het oorgeloop van die goeie nuus van God en wou dit vir almal vertel. Dit is die nuus wat vir ewig en altyd goed sal bly. Die engel moes sorg dat al die mense op die aarde dit hoor, maak nie saak wie dit is of waar hulle bly nie.

7. Daarom het die engel hard geskree sodat almal dit kon hoor: “Betoon respek vir God, want vir Hom moet julle ontsag hê.“Maak Hom groot, want die tyd is hier dat mense voor God gaan verskyn om te hoor wat sy oordeel oor hulle is.“Aanbid Hom! Hy het die hemel gemaak. Die aarde met die see en fonteine het Hy met sy hande gemaak.”

8. Dit was skaars verby of ’n tweede engel was daar: “Dit is klaarpraat met Babilon, die stad vol sondige mense; ja, die grote Babilon is verby! Sy wou mos al die mense forseer om soos sy te leef asof God nie bestaan nie. So, sonder God, het hulle geleef soos mense wat hulle dronk drink.”

9. ’n Derde engel kom toe en skreeu net so hard: “As iemand die dier met sy standbeeld aanbid en die dier se merk op sy voorkop of hand dra, sal hy ’n ander soort wyn drink; die wyn van God se straf.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14