Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:18-23 Die Boodskap (DB)

18. Eendag het Jesus by die See van Galilea gaan stap. Hy kom toe af op twee broers, Simon en Andreas. (Simon is later Petrus genoem.) Hulle twee was vissermanne. Hulle was juis besig om hulle nette in die see te gooi toe Jesus vir hulle sê:

19. “Laat staan julle nette. Kom agter My aan! Word my volgelinge. Dan sal Ek julle wys hoe om op ’n nuwe manier vis te vang. Ek sal julle leer om van nou af mense te vang wat in sonde leef sodat hulle deel kan kry aan God se nuwe wêreld.”

20. Dadelik het Simon en Andreas hulle visnette neergesit en agter Jesus begin aanstap.

21. ’n Entjie verder het Jesus op nog twee broers afgekom, Johannes en Jakobus. Saam met hulle pa, Sebedeus, was hulle hard aan die werk om hulle visnette heel te maak. Jesus het by hulle gaan staan en ook vir hulle gesê om alles net so te los en sy volgelinge te word.

22. Hulle het uit hulle boot geklim, hulle pa gegroet en agter Jesus aangestap.

23. Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. In die sinagoges waar die Jode bymekaargekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer. Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. Om te wys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4