Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:23 Die Boodskap (DB)

Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. In die sinagoges waar die Jode bymekaargekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer. Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. Om te wys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4

Kyk Matteus 4:23 in konteks