Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:13-24 Bybel vir Almal (ABA)

13. Hulle het van daar verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan langs die Arnon-rivier wat uit die Amoriete se land deur die woestyn vloei. Die Arnon-rivier is die grens tussen die land Moab en die land van die Amoriete.

14. Dit is hoekom daar in die Boek van die Oorloë van die Here geskryf is:“By Waheb in Sufa,en by die valleie,by die Arnon-rivier,

15. en by die veld tot onderin die valleie,tot waar die stad Ar is,langs die land Moab.”

16. Die Israeliete het van daar verder gegaan na die put Beër. Die Here het voorheen met Moses van hierdie put gepraat toe Hy gesê het: “Maak die volk bymekaar sodat Ek vir hulle water uit die put kan gee.”

17. Daardie tyd het die Israeliete hierdie lied gesing:“Put, jy moet vol water word,hulle moet vir jou sing.

18. Dit is leiers wat hierdie putgegrawe het,die belangrike mensevan die volkhet jou gegrawemet hulle septersen hulle kieries.”Die Israeliete het uit die woestyn na Mattana gegaan,

19. van Mattana na Nagaliël, van Nagaliël na Bamot,

20. en van Bamot na die vallei wat in die land Moab is, naby die boonste punt van Pisga-berg. Van daar kyk ’n mens af na die droëland.

21. Die Israeliete het boodskappers gestuur na Sihon, koning van die Amoriete, en hulle het vir hom gevra:

22. “Ons wil deur jou land gaan. Ons sal nie wegdraai na die koringlande of die wingerde nie en ons sal nie water drink uit die putte nie. Ons sal op die Koningspad bly, totdat ons deur jou land is.”

23. Maar Sihon wou nie hê dat die Israeliete deur sy land moet gaan nie. Hy het al sy manne bymekaargeroep en hulle het gegaan om die Israeliete in die woestyn te ontmoet. Toe hy by die stad Jahas kom, het hy oorlog begin maak teen die Israeliete.

24. Maar die Israeliete het hard geveg en hulle het hom oorwin. Hulle het sy land gevat van die Arnon-rivier tot by die Jabbok-rivier en tot teen die land van die Ammoniete, want die Ammoniete op die grens was baie sterk.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21