Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 3:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Refaja seun van Gur het die volgende stuk van die muur reggemaak. Refaja was die amptenaar wat regeer het oor die helfte van een van die dele van die stad Jerusalem.

10. Jedaja seun van Garumaf het die volgende stuk reggemaak, tot oorkant sy huis. Gattus seun van Gasabneja het die volgende stuk reggemaak.

11. Malkija seun van Garim, en Gassub seun van Pagat-Moab het ’n tweede stuk reggemaak. Dit was die stuk tot by die Bakoond-toring.

12. Sallum seun van Loges het die volgende stuk gebou, hy en sy dogters. Sallum was die amptenaar wat regeer het oor die ander helfte van een van die dele van Jerusalem.

13. Ganun en die mense van die stad Sanoag het die poort in die vallei reggemaak. Hulle het die mure van die poort gebou en hulle het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hulle het ook die stuk muur tot by die Vullis-poort gebou, die stuk muur was 1 000 el lank.

14. Malkija seun van Rekab het die Vullis-poort reggemaak. Malkija was die amptenaar wat regeer het oor Bet-Kerem, een van die dele van Jerusalem. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke.

15. Sallun seun van Kol-Gose het die Fontein-poort reggemaak. Sallun was die amptenaar wat regeer het oor Mispa, een van die dele van die stad. Hy het die mure van die poort gebou en hy het die dak opgesit en die deure ingesit, saam met die slotte en sluitbalke. Hy het ook die muur by die Kanaal-dam weer gebou, van die tuin van die koning tot by die trappe wat afkom uit die Dawidstad.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 3