Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 5:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Hy moet die duiwe na die priester toe bring, en die priester moet eerste die duif offer wat ’n sonde-offer moet wees. Die priester moet die duif se nek omdraai, maar hy moenie die kop aftrek nie.

9. Dan moet hy ’n bietjie van die duif se bloed teen die kante van die altaar spat en hy moet die bloed wat oorbly, uitdruk teen die onderkant van die altaar. Dit is die sonde-offer.

10. Die priester moet die tweede duif offer soos hy altyd ’n brand-offer offer. Die priester doen so versoening vir die persoon, en die Here sal sy sonde vergewe.

11. As die persoon nie duiwe kan koop nie, dan moet hy een tiende van ’n efa van die beste meel bring om ’n sonde-offer te wees vir die sonde wat hy gedoen het. Hy moenie olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook bo-op sit nie, want dit is ’n sonde-offer.

12. Hy moet die meel vir die priester bring. Die priester moet ’n handvol van die meel neem en hy moet dit verbrand op die altaar, saam met die vuur-offer vir die Here. Die handvol meel is die teken van die hele offer. Dit is ’n sonde-offer.

13. So doen die priester versoening vir die persoon se sonde, en die Here sal hom vergewe. Die priester mag die meel kry wat oorgebly het, soos by die koring-offer.”

Lees volledige hoofstuk Levitikus 5