Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hoekom het dit gebeur?Kyk hoe leeg is die stad,die stad waar baie mensegewoon het.Die stad het geword soos’n weduwee.Die mense van die wêreldhet almal gedinkdit is ’n groot en belangrike stad.Maar die mense van die stadmoet nou vir ander volke werk.

2. Hulle huil die hele nag lank,hulle trane vloei oor hulle wange.Daar is niemand wat die stad nou wil help nie,nie een van almal wat lief was vir haar nie.Haar vriende het ontrou geword,hulle het haar vyande geword.

3. Die mense van Juda het gevangenes gewordwat swaarkry en hard moet werk.Hulle woon tussen die volkeen hulle kry nie ’n plek waar hulle kan rus nie.Al die vyande wat vir hulle gejaag het,het vir hulle gevang, hulle kon nie vlug nie.

4. Daar is niemand op die paaie na Sion nie,niemand kom om daar fees te vier nie,daar is nie mense in die poorte nie.Die priesters kla en sug,die jongmeisies huil en treur,dit gaan sleg met almal in die stad.

5. Die vyande van Jerusalem regeer nou,en dit gaan goed met hulle.Dit gebeur omdat die Heredie mense van die stad strafoor hulle baie sondes.Hulle moes weggaan,hulle het gevangenes geword,hulle vyande het hulle gejaag.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1