Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here sê: “Ja, die profete en ook die priesters is ontwy,Ek het gesien hulle doen die slegte dinge ook in my tempel.

12. Daarom sal Ek hulle laat loop op gladde klippe,en hulle sal gly.Ek sal hulle instamp in donker plekke,en hulle sal val.Ja, Ek sal dit sleg laat gaan met hulle,Ek sal hulle straf.

13. Ek het gesien die profete van Samariadoen dinge waarvan Ek nie hou nie.Hulle was profete vir Baäl, hulle het my volk bedrieg.

14. Maar Ek het gesien die profete van Jerusalemdoen nog slegter dinge,hulle doen dinge wat Ek haat.Hulle pleeg egbreuk en hulle bedrieg menseen hulle help mense wat verkeerd doen.Daarom hou niemand op om verkeerd te doen nie.Jerusalem en sy mense het vir My geword soos Sodom en Gomorra.”

15. Die Here wat oor alles regeer, sê oor die profete:“Omdat hulle dit doen, sal Ek hulle wilde-als laat eeten Ek sal hulle water laat drink wat giftig is.Ek sal dit doen omdat die profete van Jerusalemdie hele land ontwy het.”

16. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Julle moenie doen wat die profete vir julle sê nie.Hulle laat julle glo in wind,in dinge wat niks beteken nie.Hulle sê Ek het vir hulle gewys wat sal gebeur,maar hulle vertel hulle eie stories,hulle het dit nie by My gehoor nie.

17. Hulle hou aan om te sê: ‘Die Here sêdit sal goed gaan met julle.’Hulle sê dit vir die mense wat dinkdat Ek nie belangrik is nie.En hulle sê vir elkeen wat hardkoppig isen wat lewe soos hy self besluit:‘Dit sal nie sleg gaan met jou nie.’ ”

18. Maar wie was daar toe die Here dit besluit het?Wie van hulle het gesien en gehoor wat Hy sê?Wie het geluister na wat Hy sê en dit gedoen?

19. Julle moet dit weet:Die Here sal ’n stormwind stuur,daar sal ’n wind kom wat alles verwoes,en dit sal waai oor die mense wat verkeerd doen.

20. Die Here is kwaad, en Hy sal aanhouom kwaad te wees totdat Hy gedoen hetwat Hy besluit het.Julle sal dit later goed verstaan.

21. Die Here sê:“Ek het nie daardie profetegestuur nie,Ek het nie met hulle gepraat nie,maar hulle kom en hulle sê hulle bringboodskappe van My.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23