Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die herders van die skape wat aan My behoort. Hierdie herders het die skape laat wegraak en hulle het die skape na al die kante toe gejaag.

2. Daarom sê Ek oor die herders wat regeer oor my volk, Ek, die Here, die God van Israel sê: Julle het my skape na al die kante toe gejaag, julle het hulle nie opgepas nie. Ek sal julle nou straf oor die slegte dinge wat julle gedoen het.

3. Ek het my skape na ander lande laat gaan, maar Ek sal self my skape wat nog lewe, bymekaarmaak uit daardie lande. Ek sal hulle terugbring na hulle eie veld waar hulle gewei het. Hulle sal vrugbaar wees en baie word.

4. Ek sal herders kies en aanstel om oor hulle te regeer. Hulle sal nie weer bang word en wegraak nie.”Dit sê die Here.

5. Die Here sê: “Julle moet dit weet, Ek sal eendag iemand kies en aanstel wat die regte koning sal wees van die nageslag van Dawid. Hy sal ’n wyse koning wees wat reg sal regeer en reg sal doen aan almal in die land.

6. In die tyd wanneer hierdie koning regeer, sal die mense van Juda weer vry word, en die mense van Israel sal veilig woon. Die naam van die koning sal wees: Die Here doen reg aan ons.”

7. Die Here sê: “Daarom sê Ek: Die mense het altyd gesê: ‘So seker soos die Here lewe, die Here wat die Israeliete uit Egipte gebring het.’ Maar later sal hulle dit nie meer sê nie.

8. Hulle sal sê: ‘So seker soos die Here lewe, die Here wat die nageslag van die volk Israel gebring het uit die land in die noorde.’ Hulle sal terugkom na hulle eie land, hulle sal kom uit al die lande waarnatoe Ek hulle laat gaan het.”

9. Nou praat ek, Jeremia, oor die profete.My hart voel stukkend, my hele liggaam bewe.As ek dink aan die Here, aan wat Hy sê,dan word ek dronk, so dronk soos ’n manwat te veel gedrink het.

10. Want die hele land is vol mense wat afgode dien,ja, dit is hulle skuld dat die land droog geword het,en daarom is die veld waar die diere wei,nou ’n woestyn.Die profete doen slegte dinge,hulle dink hulle kan doen wat hulle wil omdat hulle sterk is.

11. Die Here sê: “Ja, die profete en ook die priesters is ontwy,Ek het gesien hulle doen die slegte dinge ook in my tempel.

12. Daarom sal Ek hulle laat loop op gladde klippe,en hulle sal gly.Ek sal hulle instamp in donker plekke,en hulle sal val.Ja, Ek sal dit sleg laat gaan met hulle,Ek sal hulle straf.

13. Ek het gesien die profete van Samariadoen dinge waarvan Ek nie hou nie.Hulle was profete vir Baäl, hulle het my volk bedrieg.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23