Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 42:12-16-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Op die punt van die gang was daar ’n deur, dit was soos by die kamers by die noordekant. Die gang was langs die muur, oos van die ingang.

13. Die man het vir my gesê: “Die kamers in die noorde en die kamers in die suide wat oorkant die oop plek is, is die gewyde kamers, die priesters wat by die altaar werk, eet die hoog-gewyde offers daar. Dit is ’n gewyde plek, en hulle moet die hoog-gewyde offers daar neersit, dit is die koring-offer, die sonde-offer en die skuld-offer.

14. Die priesters wat in die gewyde plek ingekom het en wat daar gewerk het, moet eers hulle klere uittrek voordat hulle uitgaan na die buitenste oop stuk grond. Hoekom? Want die priesters se klere is gewyd. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle by die ander mense op die buitenste oop stuk grond kom.”

15. Die man het die tempel klaar gemeet langs die binnekant en die buitekant. Toe het hy my buitetoe gebring deur die buitenste oos-poort en hy het die tempel-gronde buite-om gemeet.

16-20. Die tempel-gronde was 500 meetriete lank en 500 meetriete breed, en daar was ’n muur rondom, die muur het die gewyde plek geskei van die wêreld daarbuite.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 42