Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het toe gesê: “Hier is die wette van julle God die Here. Hy het gesê ek moet dit vir julle leer, sodat julle sal doen wat die wette sê in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.

2. Dit beteken julle en julle kinders en kleinkinders moet julle God die Here dien en julle moet alles doen wat die wette sê wat ek vir julle gee. Julle moet dit doen so lank soos julle lewe. As julle luister na die wette wat ek vir julle gee, dan sal julle lank lewe.

3. Israeliete, julle moet luister en julle moet doen wat die wette sê, sodat dit goed sal gaan met julle en sodat julle ’n groot volk sal word. Die Here, die God van julle voorvaders het dit vir julle belowe, julle sal dit alles kry in ’n land waar daar baie melk en heuning is.

4. “Israeliete, julle moet luister, ons God die Here is een Here. Daar is nie nog so ’n Here nie.

5. En julle moet lief wees vir die Here, julle moet lief wees vir Hom met julle hele hart, met al julle krag.

6. Julle moet die dinge onthou wat ek vandag vir julle sê

7. en julle moet dit vir julle kinders leer. Julle moet oor hierdie dinge praat wanneer julle in julle huis sit en wanneer julle op die pad loop, wanneer julle lê en wanneer julle staan.

8. Julle moet dink aan hierdie dinge wanneer julle iets met julle hande doen en wanneer julle na iets kyk

9. en wanneer julle uitgaan en ingaan by die deure van julle huise en julle poorte.

10. “Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie.

11. Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 6