hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 6 Bybel vir Almal (ABA)

Die Israeliete moet lief wees vir die Here

1. Moses het toe gesê: “Hier is die wette van julle God die Here. Hy het gesê ek moet dit vir julle leer, sodat julle sal doen wat die wette sê in die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.

2. Dit beteken julle en julle kinders en kleinkinders moet julle God die Here dien en julle moet alles doen wat die wette sê wat ek vir julle gee. Julle moet dit doen so lank soos julle lewe. As julle luister na die wette wat ek vir julle gee, dan sal julle lank lewe.

3. Israeliete, julle moet luister en julle moet doen wat die wette sê, sodat dit goed sal gaan met julle en sodat julle ’n groot volk sal word. Die Here, die God van julle voorvaders het dit vir julle belowe, julle sal dit alles kry in ’n land waar daar baie melk en heuning is.

4. “Israeliete, julle moet luister, ons God die Here is een Here. Daar is nie nog so ’n Here nie.

5. En julle moet lief wees vir die Here, julle moet lief wees vir Hom met julle hele hart, met al julle krag.

6. Julle moet die dinge onthou wat ek vandag vir julle sê

7. en julle moet dit vir julle kinders leer. Julle moet oor hierdie dinge praat wanneer julle in julle huis sit en wanneer julle op die pad loop, wanneer julle lê en wanneer julle staan.

8. Julle moet dink aan hierdie dinge wanneer julle iets met julle hande doen en wanneer julle na iets kyk

9. en wanneer julle uitgaan en ingaan by die deure van julle huise en julle poorte.

10. “Julle God die Here sal julle bring na die land wat Hy belowe het vir julle voorvaders, Hy het dit belowe vir Abraham, Isak en Jakob. Hy sal vir julle groot en mooi stede gee wat julle nie gebou het nie.

11. Hy sal vir julle ook huise vol goed gee wat julle nie bymekaargemaak het nie, watergate wat julle nie self uit die klip gekap het nie, wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Wanneer julle genoeg het van alles,

12. dan moet julle versigtig wees dat julle nie die Here vergeet nie. Julle was slawe in die land Egipte, maar die Here het julle uit Egipte gebring.

13. Julle moet julle God die Here eer en dien, en wanneer julle iets belowe, dan moet julle net sý Naam noem, Hy moet die getuie wees.

14. Julle moenie ander gode dien nie, julle moenie die gode van ander volke rondom julle dien nie.

15. Want julle God die Here is by julle, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. As julle ook aan ander gode wil behoort, dan sal die Here kwaad word vir julle en Hy sal julle laat verdwyn van die aarde.

16. Julle moenie julle God die Here toets en Hom kwaad maak nie, julle het dit gedoen by Massa.

17. Julle moet doen wat die wette van julle God die Here sê,

18. julle moet die dinge doen wat reg en goed is, die dinge waarvan die Here hou. Dan sal dit goed gaan met julle en julle sal die goeie land gaan vat wat die Here vir julle voorvaders belowe het.

19. Julle sal julle vyande wegjaag, die Here het dit gesê.

20. “Julle kinders sal later vir julle vra: ‘Hoekom het ons God die Here die wette vir julle gegee?’

21. “Dan moet julle vir julle kinders sê: ‘Ons was die farao se slawe in Egipte, maar die Here het ons uit Egipte gebring met sy groot krag.

22. Ons het gesien dat Hy groot tekens en wonderwerke in Egipte gedoen het en dat Hy dit sleg laat gaan het met die farao en sy huisgesin.

23. Maar die Here het vir ons uitgebring uit Egipte en Hy het ons hiernatoe laat kom om vir ons die land te gee wat Hy vir ons voorvaders belowe het.

24. Hy het toe gesê ons moet doen wat al hierdie wette sê, ons moet ons God die Here dien, sodat dit altyd goed sal gaan met ons en sodat ons kan aanhou lewe, soos vandag.

25. As ons versigtig is en alles doen wat die wette van ons God die Here sê, dan doen ons reg, soos Hy wil hê.’ ”