Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 7:3-17 Bybel vir Almal (ABA)

3. Vier groot diere het uit die see gekom. Elke dier het anders gelyk as die ander diere.

4. Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu, maar hy het vlerke gehad soos ’n arend se vlerke. Ek het na hom gekyk en ek het gesien iemand trek sy vlerke uit en laat hom op twee bene staan soos ’n mens. Hy kon toe ook dink soos ’n mens.

5. “Die tweede dier het gelyk soos ’n beer wat op sy agterpote staan. Daar was drie ribbe in sy bek. Iemand het vir die beer gesê: ‘Jy moet staan, jy moet baie vleis vreet.’

6. “Ek het weer gekyk en ek het nog ’n dier gesien. Hy het gelyk soos ’n luiperd, maar daar was vier vlerke op sy rug. Die dier het vier koppe gehad en hy was sterk.

7. “Ek het gesien daar kom ’n vierde dier. Dit was ’n dier wat mense baie bang gemaak het. Die dier was baie sterk. Hy het lang tande van yster gehad en hy het alles gevreet en stukkend gebyt. Hy het met sy pote getrap op die stukke wat oorgebly het. Hy was nie soos die ander drie diere nie. Hy het tien horings gehad.

8. Ek het gewonder wat die horings beteken, en toe kom daar nog ’n horing tussen die ander horings uit. Dit was ’n klein horinkie. Iemand het drie van die ander horings uitgetrek, toe was daar plek vir hierdie klein horinkie. Daar was oë aan hierdie klein horinkie. Dit was oë soos ’n mens se oë, en die horinkie het ook ’n mond gehad. Die mond het baie hoogmoedig gepraat.

9. “Ek het gesien die engelehet trone neergesit,en die God wat altyd lewe,het op sy troon gaan sit.Sy klere was so wit soos sneeuen sy hare was soos skoon wol.Hy het op vuurvlamme gesit,sy troon het wiele gehad wat brand.

10. Uit die troon het ’n riviervan vuur gevloei.Daar het duisende engele gestaan,baie duisende,hulle moes doen wat God wil hê.God, die Regter, het beginom die mense te oordeel.Die engele het die boeke oopgemaak,die boeke waarin hulle geskryf hetwat elke mens gedoen het.

11. “Ek het gesien wat gebeur omdat die horing hoogmoedig gepraat het. Ek het gesien hulle maak die dier dood en hulle verbrand hom. Daar het niks van hom oorgebly nie.

12. Die drie ander diere kon nie aanhou doen wat hulle wil nie, maar hulle kon nog ’n kort tydjie lewe.

13. “Ek het in die nag gedroomen gesien daar kom iemand.Hy was soos ’n mens,en hy het op die wolke gekom.Hy het gekom tot by die Godwat altyd lewe.Die engele het hom na God gebring.

14. God het hom ’n koning gemaakwat sterk en belangrik is.Al die mense sal hom dienin al die lande en in al die tale.Hy sal sterk blyen hy sal altyd koning wees.

15. “Ek, Daniël, het groot geskrik, ek was geskok oor die dinge wat ek gesien het toe ek gedroom het.

16. Ek het gegaan na een van die engele wat daar gestaan het, en ek het vir hom gevra wat al hierdie dinge beteken. Hy het vir my gesê wat dit beteken.

17. Hy het gesê: ‘Hierdie vier groot diere is vier konings wat op die aarde sal regeer.

Lees volledige hoofstuk Daniël 7