Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 5:18-23 Bybel vir Almal (ABA)

18. Maar daar is een ding wat die Here vir my moet vergewe: Wanneer my koning in die tempel van Rimmon kom om daar te aanbid, dan sal die koning vir my sê ek moet langs hom staan en ek moet saam met hom aanbid. Die Here moet my vergewe wanneer ek dit doen.”

19. Elisa het vir Naäman gesê: “Goed, dit is nie ’n probleem nie.”Naäman het weggegaan, maar hy was nog nie ver weg van Elisa nie.

20. Gehasi, wat vir Elisa, die man van God, gewerk het, het gedink en vir homself gesê: “Kyk wat het my meneer gedoen, hy het hierdie Arameër laat weggaan en hy het niks geneem van die presente wat hy gebring het nie. So seker soos die Here lewe, ek sal hardloop en wanneer ek by hom kom, sal ek iets by hom kry.”

21. Gehasi hardloop toe na Naäman toe, en toe Naäman sien daar kom iemand wat na hom toe hardloop, het hy stilgehou. Hy het afgeklim van die wa en hy het gewag vir die man. Toe Gehasi by hom kom, het Naäman gevra: “Is daar iets verkeerd?”

22. Gehasi het gesê: “Nee, daar is niks verkeerd nie. My meneer het my gestuur om te sê daar het nou twee jongmanne van die Efraim-berg by hom gekom. Hulle is profete, en jy moet asseblief vir my meneer ’n talent silwer gee en ook klere vir twee persone.”

23. Naäman het geantwoord: “Jy moet asseblief twee talente silwer neem.”Hy het aangehou sê dat Gehasi dit moet neem en hy het die twee talente silwer in twee sakke toegebind, en ook die klere. Hy het dit vir twee jongmanne gegee, en hulle het dit gedra en saam met Gehasi gegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 5