Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:46-52 Bybel vir Almal (ABA)

46. Vandag sal die Here my laat wen teen jou, en ek sal jou oorwin en jou kop afkap. Ek sal die dooie liggame van die Filistyne vir die voëls en die wilde diere gee. Al die mense op die aarde sal weet daar is ’n God in die land Israel.

47. Almal wat hier bymekaar is, sal weet dat dit die Hére is wat mense red. Hy gebruik nie swaarde en spiese wanneer Hy hulle red nie. Dit is Hý wat besluit wat gebeur in ’n oorlog en Hy sal ons laat wen teen julle.”

48. Toe die Filistyn gereedmaak en nader kom om teen Dawid te veg, het Dawid vinnig vorentoe gehardloop om by hom te kom.

49. Dawid het ’n klip uit sy sak gehaal en hy het dit met die slingervel gegooi. Hy het die klip so hard teen die Filistyn se voorkop gegooi, dat dit in sy kop ingegaan het. Die Filistyn het op sy gesig op die grond geval.

50. Dawid het net die slingervel en een klip gebruik, maar hy was sterker as die Filistyn. Hy het die Filistyn oorwin en hy het hom doodgemaak, en hy het nie ’n swaard in sy hand gehad nie.

51. Dawid het gehardloop en by die Filistyn gaan staan. Hy het die Filistyn se swaard uit sy leersak getrek en hy het hom doodgemaak en sy kop afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle gevlug.

52. Die manne van Israel het die Filistyne gejaag tot waar ’n mens by die vallei kom, en tot by die poorte van die stad Ekron. Baie Filistyne was dood en hulle het gelê op die pad na die stad Saärajim en tot by die stede Gat en Ekron.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17