Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 6:4-19 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ander mense moenie sien dat jy arm mense help nie. En jou Vader wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, Hy sal goed wees vir jou.”

5. “Wanneer julle bid, dan moet julle nie soos die skynheilige mense bid nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te bid. Hulle doen dit sodat die mense hulle kan sien. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie vir hulle daaroor goed wees nie.

6. Maar wanneer jy bid, moet jy na jou kamer gaan. Maak dan die deur toe sodat niemand jou kan sien nie, en bid tot jou Vader. En jou Vader wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou.

7. Wanneer julle bid, moenie ’n klomp woorde sê en weer en weer dieselfde dinge vra nie. Mense wat nie vir God ken nie, bid so. Hulle dink hulle afgode sal luister na hulle as hulle baie woorde gebruik en lank bid.

8. Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra.

9. Julle moet só bid:“Ons Vader wat in die hemel is,ons bid dat al die menseu heilige Naam sal eeromdat U God is.

10. Ons bid dat die tyd moet komwanneer almal sal weetU is Koning.Ons bid dat al die menseop die aarde sal doenwat U wil hê hulle moet doen,soos die engele in die hemeldit doen.

11. Gee vir ons vandag die koswat ons vandag nodig het.

12. En vergewe ons alles wat onsverkeerd gedoen het teen U,soos ons ook ander mense vergewewat verkeerd gedoen hetteen ons.

13. En help ons dat niks sal gebeurwat ons sal laat sonde doen nie.Maar beskerm onsteen die duiwel.

14. “Wanneer ander mense verkeerd doen teen julle, dan moet julle hulle vergewe. Dan sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe.

15. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, dan sal julle Vader in die hemel julle ook nie vergewe wanneer julle verkeerd gedoen het nie.”

16. “Wanneer julle vas omdat julle God wil eer, dan moet julle nie doen wat die skynheilige mense doen nie. Hulle wys hulle kry swaar, hulle was nie hulle gesigte nie en kam nie hulle hare nie. Hulle doen dit sodat die mense moet sien hulle is besig om te vas. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie goed wees vir hulle omdat hulle dit doen nie.

17. Maar jy, wanneer jy vas, moet jy jou gesig was en jou hare kam

18. sodat die mense nie kan sien dat jy vas nie. Net jou Vader moet sien dat jy vas. Die mense kan nie jou Vader sien nie. En jou Vader in die hemel wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou.”

19. “Dit moenie vir julle belangrik wees om mooi en duur goed bymekaar te maak hier op die aarde nie. Motte vreet dit en dit roes, diewe breek in by huise en steel dit.

Lees volledige hoofstuk Matteus 6