Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 21:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die twee dissipels het toe gegaan en hulle het gedoen wat Jesus vir hulle gesê het.

7. Die dissipels het die donkie en haar vulletjie gebring en hulle het van hulle klere oor die donkies gegooi. Jesus het op die donkie gaan sit.

8. Daar was baie mense. Hulle het van hulle klere oopgegooi op die pad. Ander mense het takke van bome afgekap en hulle het dit op die pad gegooi.

9. Die groot klomp mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê:“Prys die Seun van Dawid! Prys die Man wat kom!Die Here het Hom gestuurom sy werk te kom doen! Prys God in die hoogste hemel.”

10. Toe Jesus in Jerusalem kom, het almal in die stad baie opgewonde geword en gevra: “Wie is hierdie man?”

11. En die mense het gesê: “Dit is die profeet Jesus van die stad Nasaret in die provinsie Galilea.”

12. Jesus het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te koop en te verkoop. Jesus het hulle almal uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het.

13. Jesus het gesê in die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Die mense sal sêmy tempel is ’n plekwaar mense moet bid.Maar julle verander dit, dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

14. Blindes en kreupeles het na Jesus toe gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het die wonderlike dinge gesien wat Jesus gedoen het en hulle het gehoor hoe die kinders op die tempel-gronde hard skree en sê: “Prys die Seun van Dawid!”Toe het die priesterleiers en skrifgeleerdes kwaad geword

16. en hulle het vir Jesus gesê: “Hoor jy wat die kinders sê?”Jesus sê toe vir hulle: “Ja. Julle kan dit lees: ‘U laat klein kindertjies oor u krag sing.’ ”

Lees volledige hoofstuk Matteus 21