Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 21:13-30 Bybel vir Almal (ABA)

13. Jesus het gesê in die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Die mense sal sêmy tempel is ’n plekwaar mense moet bid.Maar julle verander dit, dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

14. Blindes en kreupeles het na Jesus toe gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het die wonderlike dinge gesien wat Jesus gedoen het en hulle het gehoor hoe die kinders op die tempel-gronde hard skree en sê: “Prys die Seun van Dawid!”Toe het die priesterleiers en skrifgeleerdes kwaad geword

16. en hulle het vir Jesus gesê: “Hoor jy wat die kinders sê?”Jesus sê toe vir hulle: “Ja. Julle kan dit lees: ‘U laat klein kindertjies oor u krag sing.’ ”

17. Jesus het hulle daar gelos en Hy het uit Jerusalem na die stad Betanië gegaan. Hy het die nag daar gebly.

18. Vroeg die volgende oggend het Jesus teruggegaan na Jerusalem en Hy het honger geword.

19. Hy het ’n vyeboom langs die pad gesien en Hy het daarnatoe gegaan. Toe Hy by die boom kom, sien Hy daar is niks vye nie, net blare. Jesus sê toe vir die boom: “Jy sal nooit weer vye dra nie, dit is seker.”En dadelik het die vyeboom doodgegaan.

20. Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en hulle het gevra: “Hoekom het die vyeboom so skielik doodgegaan?”

21. Jesus het geantwoord: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As julle glo en nie twyfel nie, dan sal julle kan doen wat Ek met die vyeboom gedoen het. Julle sal meer kan doen. As julle vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur.

22. En as julle glo wanneer julle bid en iets vra, dan sal God dit alles vir julle gee.”

23. Jesus het weer na die tempel-gronde gegaan. Hy was besig om vir die mense te leer, en toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”

24. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle ook een vraag vra. As julle vir My antwoord, dan sal Ek vir julle sê wie gesê het Ek mag hierdie dinge doen.

25. Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit die mense?”Die priesterleiers en die familieleiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vir ons vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’

26. Maar ons is bang die mense sal vir ons kwaad wees as ons sê: ‘Dit was mense wat vir Johannes gestuur het om te doop,’ want almal dink Johannes is ’n profeet.”

27. Daarom het die priesterleiers en die familieleiers vir Jesus gesê: “Ons weet nie.”Toe sê Jesus vir hulle: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.”

28. Jesus het gesê: “Wat dink julle, wie het reg gedoen? ’n Man het twee kinders gehad. Hy het na die eerste seun toe gegaan en vir hom gesê: ‘Kind, gaan werk vandag in my wingerd.’

29. Die seun het geantwoord: ‘Ek wil nie gaan nie.’ Maar later was hy jammer en hy het gaan werk.

30. Die man het daarna na die tweede seun toe gegaan en dieselfde vir hom gesê. Die seun het geantwoord: ‘Pa, ek sal gaan.’ Maar hy het nie gegaan nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 21