Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daarom moet ons baie meer luister na die dinge wat die Seun vir ons kom sê het. Ons moet dit doen sodat ons nie word soos ’n skip wat by die hawe verbydryf nie.

2. Want die boodskap wat die engele vir ons voorouers gebring het, was die waarheid. Daarom het die Here elke mens gestraf wat verkeerd gedoen het en wat nie gedoen het wat Hy gesê het nie.

3. Ons sal ook nie kan vlug wanneer God ons straf omdat ons nie wil hê dat Hy ons moet red nie. God het ons op ’n wonderlike manier gered. Hy het dit in die begin self vir ons vertel, en die mense wat dit gehoor het, het ook vir ons vertel dat die Here ons wil red en dat dit seker is.

4. God het ook saam met die mense getuig toe Hy wondertekens en tekens en baie wonderwerke gedoen het. God het ook getuig toe Hy self die Heilige Gees gegee het vir mense. Hy het besluit wat Hy vir elkeen wil gee.

5. God het nie gesê dat die engele moet regeer oor die nuwe wêreld wat kom nie, die wêreld waaroor ons praat.

6. Maar iemand het in die Ou Testament ’n belangrike ding gesê en gevra: Hoekom dink U aan mense?Hoekom sorg U vir iemandwat net ’n mens is?

7. U het die mens vir ’n kort tydjieminder belangrik gemaakas engele,maar U het vir die mens eer gegee en U het hombelangrik gemaak.

8. U laat hom regeer oor alleswat U gemaak het.Toe God gesê het dat die mense kan regeer oor alles wat Hy gemaak het, het God niks gelos waaroor die mense nie kon regeer nie. Maar ons sien nog nie dat die mense oor alles regeer nie.

9. Nee, ons sien vir Jesus, en God het Hom vir ’n kort tydjie minder belangrik gemaak as die engele. Maar Jesus het baie swaar gekry en Hy het gesterf, daarom het God vir Hom eer gegee en God het Hom belangrik gemaak. Jesus het gesterf sodat elke mens kan lewe omdat God baie goed is vir mense.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2