hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woorde van Agur seun van Jake. 'n Belangrike uitspraak.Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal:

2. Ek is meer dier as mens,ek het nie die verstand van 'n mens nie.

3. Ek het nie wysheid geleer nie,ek ken nie die heilige God nie.

4. Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom?Wie het die wind in sy twee hande gevat?Wie het die water in 'n doek toegedraai?Wie het die grense van die aarde vasgestel?Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet?

5. Elke belofte van God is betroubaar;Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

6. Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie;Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as 'n leuenaar.

7. Net twee dinge vra ek van U;moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8. moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;moet my nie arm maak of ryk nie,gee my net die kos wat ek nodig het,

9. sodat ek nie te veel het en U verloënen sê: “Wie is die Here?” nie,en sodat ek nie arm word en steelen my God se Naam oneer aandoen nie.

10. Moenie 'n slaaf by sy eienaar beskinder nie;dalk vervloek die slaaf jou en moet jy die gevolge dra.

11. Daar is 'n soort mens wat sy vader vervloeken vir sy moeder nie 'n goeie woord het nie,

12. 'n soort mens wat homself as rein beskou,maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie,

13. 'n soort mens wat vol hoogmoed,vol eiewaan is,

14. 'n soort mens wat koelbloedig en wreed is in sy hebsugen wat teer op die hulpeloses en armes in die land.

15. Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!”Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie,wat nooit sê: “Genoeg!” nie:

16. die doderyk,die onvervulde begeerte om moeder te word,grond wat nie deurnat is nieen 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie.

17. Die oë van 'n man wat met sy vader spoten vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam,sal uitgepik word deur die kraaie,opgevreet word deur die roofvoëls.

18. Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is,wat ek nie verstaan nie:

19. hoe 'n aasvoël in die lug bly,hoe 'n slang teen 'n rots op seil,hoe 'n skip op die diepsee vaaren hoe die liefde tussen 'n man en 'n meisie werk.

20. Die ontroue vrou het haar eie manier:sy eet en vee haar mond af en sê:“Ek het niks verkeerds gedoen nie.”

21. Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak,wat onuitstaanbaar is:

22. 'n slaaf nadat hy koning geword het,'n ongemanierde sot nadat hy hom vol geëet het,

23. 'n vrou wat eers nie 'n man kon kry nie en toe tóg getroud is,en 'n slavin nadat sy haar eienares se plek ingeneem het.

24. Daar is vier goed in die wêreld wat klein ismaar buitengewone wysheid het:

25. miere is nie sterk nieen tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg;

26. dassies het nie veel krag nieen tog maak hulle hulle tuis teen die kranse;

27. sprinkane het nie 'n koning nieen tog trek die hele swerm in formasie;

28. 'n geitjie kan jy met die hand vangen tog kry jy hom in koninklike paleise.

29. Daar is drie, nee, vier wat statig stap,wat 'n statige houding het:

30. 'n leeu, die magtigste van al die diere,wat vir niks stuit nie;

31. 'n spoghaan;'n bokram;en 'n koning met sy leër by hom.

32. As jy verwaand opgetree en jou aangestel het,of as jy slegte bedoelings het, hou op daarmee.