hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Spreuke van Salomo.'n Wyse seun maak sy vader en moeder bly;'n dwase seun maak hulle hartseer.

2. Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie;om te lewe volgens die wil van God,red 'n mens van die dood.

3. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie,die Here laatdie begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie.

4. 'n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm;dit is vlyt wat ryk maak.

5. Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is;'n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting.

6. Die regverdige word geseën.Daar steek geweld agter die mooi woorde van die goddeloses.

7. Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort;die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet.

8. Die mens met verstand aanvaar bevele.Wie aanhou onsin praat, kom tot 'n val.

9. Wie opreg leef, leef sonder vrees;wie krom paaie loop, word uitgevind.

10. Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart;en wie aanhou onsin praat, kom self tot 'n val.

11. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

12. Haat verwek twis;liefde bedek alles wat aanstoot gee.

13. Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

14. Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

15. Die rykdom is die ryke se veilige vesting;die armoede is die arme se ondergang.

16. Die regverdige ontvang die lewe as beloning;die goddelose oes net straf.

17. Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;wie teregwysing verwerp, dwaal van dié pad af.

18. Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.

19. Met baie praat bly die sonde nie uit nie;wie sy woorde tel, is verstandig.

20. Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd;die gedagtes van die goddelose is min werd.

21. Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie;'n dwaas gebruik nie sy verstand nieen bring die dood oor homself.

22. Dit is die seën van die Here wat rykdom bring;jou geswoeg laat dit nie meer word nie.

23. Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra,maar die mens met insig geniet die wysheid.

24. Wat die goddelose vrees, kom hom oor;wat die regverdige begeer, gee God hom.

25. As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen,maar die regverdige bly altyd staan.

26. Soos asyn teen die tande, soos rook in die oë,so is 'n lui mens vir iemand wat hom 'n opdrag gee.

27. Wie die Here dien, lewe lank;wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.

28. Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;die goddeloses het geen toekoms nie.

29. Om te leef soos die Here dit wil,is die krag van die opregte;vir dié wat onreg doen, wag daar ondergang.

30. Die regverdige wankel nooit,die goddeloses sal nie die land bly bewoon nie.

31. Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige,'n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.