hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak;niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie.

2. Die koning wek net soveel vrees as die brul van 'n leeu;as jy die koning kwaad maak, is jou lewe in gevaar.

3. Dit is eerbaar om 'n rusie te vermy;enige dwaas kan 'n rusie begin.

4. 'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nieen soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.

5. 'n Oorwoë mening is diep waters;'n verstandige mens skep daaruit.

6. Baie gee te kenne dat hulle getrou is,maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?

7. Wie reg doen en eerlik lewe,met sy kinders gaan dit goed.

8. Wanneer die koning moet regspreek,sien hy ál wat verkeerd is, raak.

9. Wie kan sê: “Ek is rein,ek is onskuldig, sonder sonde”?

10. Die Here het 'n afsku van mate en gewigtewat nou sus en dan so is.

11. Selfs 'n jongmens word geken aan wat hy doen,uit sy optrede blyk of hy eerlik en opreg is.

12. Die oor wat hoor, die oog wat sien —die Here het altwee gemaak.

13. As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie;staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet.

14. “Sleg! Sleg!” sê die koper,maar as hy weg is, spog hy met sy winskopie.

15. Daar is goud, daar is edelstene,maar om met kennis van sake te praat, is nog kosbaarder.

16. As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom afen hou dit as pand, want hy is 'n uitlander.

17. Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed,maar agterna sal jy klippe kou.

18. Planne wat op goeie raad steun, slaag;vra raad voor jy oorlog maak.

19. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;bly weg van iemand wat baie praat.

20. As jy jou vader en moeder vervloek,is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor.

21. Besittings wat oneerlik verkry is,maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.

22. Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie;vertrou op die Here, en Hy sal jou help.

23. Die Here het 'n afsku van gewigte wat nou sus en dan so is;'n skaal wat nie reg weeg nie, is vir Hom nie goed nie.

24. Die Here bepaal 'n mens se koers;hoe sal 'n méns weet waarheen hy moet gaan?

25. Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wyen agterna eers besef wat jy belowe het.

26. 'n Wyse koning sif die skuldiges uiten straf hulle genadeloos.

27. Die Here gee aan die mens die lewe.Die Here sien deur die hele mens.

28. Liefde en trou maak 'n koning veilig;deur liefde staan sy troon sterk.

29. Die trots van jongmanne lê in hulle krag;die versiering van oumense is hulle grysheid.