hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

2. Selfverheffing bring vernedering;wie nederig is, het wysheid.

3. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

4. Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie;om te lewe volgens sy wil, red van die dood.

5. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk;wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val.

6. Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle;onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang.

7. Wanneer 'n slegte mens sterf, verdwyn alle hoop,selfs die verwagting wat op mag gebou is.

8. Die regverdige word uit sy nood bevry,en dié nood tref die goddelose.

9. 'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê;mense wat aan God gehoorsaam is,word deur hulle kennis gered.

10. 'n Stad juig oor die voorspoed van regverdigesen jubel wanneer die goddeloses te gronde gaan.

11. 'n Stad kry 'n goeie naamwanneer opregte mense dit prys,maar dit word afgebreekdeur wat goddelose mense daarvan sê.

12. 'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;'n verstandige mens swyg.

13. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;'n betroubare mens bewaar 'n geheim.

14. Sonder oorwoë leiding val 'n volk;die redding lê in baie raadgewers.

15. Dit gaan sleg met hom wat vir iemand borg staan;die man wat weier om borg te staan, is veilig.

16. 'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.

17. 'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.

18. Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.

19. Die lewe lê voor vir wie by die reg bly,die dood wag vir wie aanhou kwaad doen.

20. Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie;Hy hou van mense wat onberispelik lewe.

21. Dit staan vas: 'n slegte mens sal nie loskom nie,maar selfs die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word.

22. Die skoonheid van 'n vrou sonder oordeelis soos 'n goue ring aan 'n vark se snoet.

23. Die regverdiges begeer die goeie;vir die goddeloses wag daar net straf.

24. Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het,daar is ander wat suinig is en tog arm word.

25. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê.Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

26. Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoopen hulle seën iemand wat gewillig is om te verkoop.

27. Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag;wie op die kwaad uit is, kry dit.

28. Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot 'n val;wie reg doen, floreer soos groen blare aan 'n boom.

29. Wie sy huishouding verwaarloos,sal naderhand net wind oor hê;'n onverstandige mens word die slaafvan dié een wat wysheid het.

30. Wie die wil van die Here doen, is 'n bron van lewe;die mens wat wysheid het, red lewens.