hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Mens kan sy voornemens hê,maar die laaste woord daaroor kom van die Here af.

2. In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg,maar die Here ondersoek die gesindheid.

3. Laat wat jy doen, aan die Here oor,dan sal jou voornemens geluk.

4. Die Here het alles gemaak met 'n doel,ook die goddelose vir die dag van straf.

5. Die Here het 'n afsku van 'n verwaande mens;dit staan vas: so 'n mens sal nie ongestraf bly nie.

6. Liefde en trou bring versoeningwaar daar verkeerd gehandel is;kwaad word vermy deur die Here te dien.

7. As die Here tevrede is met 'n mens se lewe,laat Hy selfs so 'n mens se vyande in vrede met hom lewe.

8. Liewer min hê en reg leweas baie inkomste hê deur onreg.

9. 'n Mens beplan sy pad,maar die Here bepaal hoe hy loop.

10. As die koning praat, is dit met Goddelike gesag;as hy uitspraak lewer, maak hy nie fout nie.

11. Die norme vir die regspraak kom van die Here af;Hy bepaal die maatstawwe.

12. Konings het 'n afsku van verkeerde dade,want 'n troon word deur regverdigheid bestendig.

13. Eerlike mense geniet die koning se goedgesindheid;hy hou van mense wat die waarheid praat.

14. Die woede van die koning dra die boodskap van die dood;'n wyse mens bring dié woede tot bedaring.

15. As die koning vriendelik is, is jy seker van jou lewe;sy goedgesindheid is soos 'n wolk wat lentereëns bring.

16. Probeer liewer wysheid bekom as goud,liewer insig as silwer.

17. Opregte mense vermy die kwaad op hulle lewensweg;wie nougeset lewe, hou homself in die lewe.

18. Op hoogmoed volg ondergang,op selfverheffing volg die val.

19. Liewer eenvoud saam met nederigesas om saam met hoogmoediges van roof te lewe.

20. Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet;wie op die Here vertrou,met hom gaan dit goed.

21. 'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem,en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.

22. Insig is 'n bron van lewe vir wie dit het;onderrig deur dwase bly dwaasheid.

23. 'n Wyse mens praat verstandigen kies sy woorde so dat hy ander kan leer.

24. Aangename woorde is heuning,soet en geneeskragtig vir die mens.

25. Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk,maar die uiteinde daarvan is die dood.

26. 'n Werker se honger laat hom werk,sy behoefte aan kos dryf hom.

27. 'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed;wat hy sê, is soos 'n verterende vuur.

28. Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis,iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.

29. Iemand wat niks ontsien nie, mislei sy naasteen laat hom 'n verkeerde pad loop.

30. Wie met sy oog knik, wil die waarheid verdraai;wie sy lippe saampers, is vasbeslote oor 'n boosheid.

31. Ouderdom is 'n sierlike kroon;dit word bereik deur dié wat reg lewe.

32. 'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter,'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem.