hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die stamgebied van Simeon

1. Die tweede loting was vir Simeon, vir die families in die stam Simeon. Hulle eiendom was binne-in dié van Juda.

2. Hulle het as eiendom ontvang Berseba, Seba, Molada,

3. Gasar-Sual, Baäla, Esem,

4. Eltolad, Betul, Gorma,

5. Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,

6. Bet-Lebaot en Sarugen, dertien stede met hulle buiteposte,

7. verder Ajin, Rimmon, Eter en Asan, vier stede met hulle buiteposte,

8. en ook nog al die buiteposte in die omgewing van dié stede tot by Baälat-Beër en Rama in die Suidland. Dit was die eiendom van die families in die stam Simeon.

9. Hulle het 'n deel van Juda se gebied gekry, want dié was vir Juda te groot. Die stam Simeon het dus eiendom binne-in dié van Juda ontvang.

Die stamgebied van Sebulon

10. Die derde loting was vir die families in die stam Sebulon. Hulle grondgebied strek tot by Sarid.

11. Die grens loop dan wes na Marala toe, teen Dabbeset en teen die spruit regoor Jokneam verby.

12. Van Sarid af draai die grens oos tot teen die grens van Kislot-Tabor, loop dan na Daberat toe en op na Jafia toe,

13. daarvandaan oor na Gat-Gefer aan die oostekant en na Et-Kasin toe en aan tot by Rimmon waar dit na Nea toe draai.

14. Dan swaai die grens noord van Gannaton en loop dood by Ge-Jiftag-El.

15. Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem kom ook by. Daar is twaalf stede met hulle buiteposte.

16. Dié stede met hulle buiteposte is dan die eiendom van die families in die stam Sebulon.

Die stamgebied van Issaskar

17. Die vierde loting was vir Issaskar, vir die families in die stam Issaskar.

18. Hulle gebied omvat Jisreël, Kesulot, Sunem,

19. Gafarajim, Sion, Anagarat,

20. Rabbit, Kisjon, Ebes,

21. Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.

22. Hulle grens gaan teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop dood teen die Jordaan. Daar is sestien stede met hulle buiteposte.

23. Dié stede met hulle buiteposte is dan die gebied van die families in die stam Issaskar.

Die stamgebied van Aser

24. Die vyfde loting was vir die families in die stam Aser.

25. Hulle gebied omvat Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,

26. Alammelek, Amad en Misal. Aan die westekant gaan die grens teen Karmel en Sigor-Libnat verby.

27. Dan swaai dit oos na Bet-Dagon toe, gaan teen Sebulon en Ge-Jiftag-El noordwaarts verby na Bet-Emek en Neïel toe en loop aan na Kabul in die noorde

28. en na Abdon, Regob, Gammon en Kana toe tot by Groot-Sidon.

29. Dan loop die grens om na Rama toe en tot by die vestingstad Tirus, dan om na Gosa toe en loop dood teen die see in die omgewing van Aksib.

30. Uma, Afek en Regob kom ook by. Daar is twee en twintig stede met hulle buiteposte.

31. Dié stede met hulle buiteposte is dan die eiendom van die families in die stam Aser.

Die stamgebied van Naftali

32. Die sesde loting was vir Naftali, vir die families in die stam Naftali.

33. Hulle grens begin by Gelef, by die groot boom in Saänannim, en loop oor Adami-Nekeb en Jabneël tot by Lakkum, en loop dan dood teen die Jordaan.

34. Dan draai die grens wes na Asnot-Tabor toe en loop daarvandaan aan na Gukok toe, teen Sebulon aan die suidekant en teen Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaan aan die oostekant.

35. Die gebied sluit vestingstede in: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Daar is negentien stede met hulle buiteposte.

39. Dié stede met hulle buiteposte is dan die eiendom van die families in die stam Naftali.

Die stamgebied van Dan

40. Vir die families in die stam Dan is sewende geloot.

41. Hulle grondgebied het omvat Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon, Rakkon, en ook die gebied regoor Joppe.

47. Die stam Dan het sy gebied verloor en het toe vir Lesem aangeval en verower. Hulle het die inwoners doodgemaak, die stad beset en daar gaan woon. Hulle het Lesem die naam Dan gegee, na hulle voorvader Dan.

48. Dié stede met hulle buiteposte was die eiendom van die families in die stam Dan.

Die eiendom van Josua

49. Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het hulle aan Josua seun van Nun 'n eiendom tussen hulle toegeken.

50. Op bevel van die Here het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het. Dit was Timnat-Serag in die Efraimsberge. Josua het die stad herbou en daar gaan woon.

51. Dit was dan die woongebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het die verdeling van die land afgehandel deur loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, by die ingang van die tent van ontmoeting.