hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die konings wat oorwin is

1. Die Israeliete het die volgende konings van die land oorkant die Jordaan, aan die oostekant, verslaan en hulle gebiede in besit geneem, die gebied van die Arnonvallei af tot by Hermonberg, en die hele oostelike deel van die Jordaanvallei:

2. Koning Sihon van die Amoriete in Gesbon het geheers oor die helfte van Gilead, van Aroër af aan die kant van die Arnonbedding, die middel van die bedding, tot aan Jabbokspruit waar die Ammoniete se gebied begin.

3. Ook die oostelike deel van die Jordaanvallei, van die Gennesaretmeer af suid tot aan die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, en verder in die rigting van Bet-Jesimot en suidwaarts van onderkant die Pisgahange af.

4. Koning Og van Basan, een van die laaste van die Refaïete, het in Astarot en Edreï geregeer. Die gebied

5. waaroor hy geheers het, het Hermonberg, Salka en die hele Basan ingesluit, tot aan die grens van Gesur en Maäka, en ook die helfte van Gilead tot aan die grens van die gebied van koning Sihon van Gesbon.

6. Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het hierdie twee konings verslaan, en Moses het die gebied aan die stam Ruben, die stam Gad en die halwe Manassestam as besitting gegee.

7. Hier volg nou ook 'n lys van die konings van die land duskant die Jordaan, aan die westekant, wat deur Josua en die Israeliete verslaan is, van Baäl-Gad in die Libanonvallei af tot by Kaalberg wat na Seïr toe oploop. Josua het die gebied tussen die stamme as besitting verdeel:

8. die Bergland, die Laeveld, die Jordaanvallei, die Hange, die woestyngebied en die Suidland, die gebiede waar die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gewoon het.

9. Die konings van die volgende stede is verslaan: Jerigo, Ai naby Bet-El,

10. Jerusalem, Hebron,

11. Jarmut, Lakis,

12. Eglon, Geser,

13. Debir, Geder,

14. Gorma, Arad,

15. Libna, Adullam,

16. Makkeda, Bet-El,

17. Tappuag, Gefer,

18. Afek, Saron,

19. Madon, Hasor,

20. Simron-Meron, Aksaf,

21. Taänak, Megiddo,

22. Kedes, Jokneam teen Karmelberg,

23. Dor op die bergrug van Dor, Gojim by Gilgal,

24. en Tirsa. Dit was altesaam een en dertig konings.