hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Roep maar! Niemand sal jou antwoord nie.Is daar selfs 'n engel na wie jy jou sou kon wend om hulp?

2. “Verbitterdheid maak 'n dwaas dood,onbeheerstheid vernietig 'n onverstandige.

3. Ek het gesien dat 'n dwaas wortel skiet,maar skielik tref 'n ramp sy huis

4. en daar is geen hulp vir sy kinders nie;hulle word veronreg in die hofen niemand behartig hulle saak nie.

5. “Wat 'n dwaas geoes het, word deur honger mense opgeëet;hulle haal dit uit selfs waar dit tussen die dorings weggepak is.Dié wat niks het nie, gryp gretig na sy besittings.

6. Ellende kom nie sommerso uit die grond uit op nie,swaarkry skiet nie sommer uit die aarde uit op nie.

7. Die mens is vir swaarkry gebore,en sy lewe is kortstondig soos 'n vonk wat opskiet.”

Elifas: God maak gesond

8. “As ek jý was, sou ek my tot God wenden my saak aan Hom voorlê.

9. Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik,wonder op wonder.

10. Dit is Hy wat reën op die aarde gee,wat water oor die veld uitgiet.

11. Dit is Hy wat die vertraptes weer optel,wat uitkoms gee aan dié wat ly.

12. Dit is Hy wat die planne van slinkse mense verydelsodat hulle niks blywends tot stand bring nie.

13. Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne;wat geslepe mense besluit, maak Hy gou tot niet.

14. Helder oordag oorval die donkerte hulle,in die middel van die dag tas hulle rond asof dit nag is.

15. Dit is God wat die arm mens red van hulle vals beskuldigingsen uit die mag van die sterkes.

16. So is daar hoop vir die behoeftigeen kom die onreg tot 'n einde.

17. “Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word.Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie.

18. Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer,wat seer slaan, maar Hy maak weer met sy eie hand gesond.

19. Al tref 'n ramp jou ses of sewe keer, Hy sal jou red,selfs 'n hoeveelste keer sal dit jou geen kwaad aandoen nie.

20. In hongersnood sal Hy jou red van die dood,in oorlog sal Hy jou red van die swaard.

21. Jy sal beskerm word teen venynige tonge;en as daar rampe kom, hoef jy nie bang te wees nie.

22. Onder rampe en in hongersnood sal jy opgewek bly,en vir die wilde diere hoef jy nie bang te wees nie.

23. Van die klippe in die veld sal jy geen las hê nie,en met die wilde diere sal jy in vrede leef.

24. Jy sal ondervind dat jou woonplek veilig is,en jy sal jou weiveld besoek en niks mis nie.

25. Jy sal 'n groot nageslag hê,jou nakomelinge sal so veel wees soos die gras in die veld.

26. Jy sal op rype ouderdom die graf ingaansoos 'n gerf wat op sy tyd na die dorsvloer toe gebring word.

27. “Kyk, dit het ons ontdek, so is dit,luister daarna en neem dit ter harte.”