hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4 Afrikaans 1983 (AFR83)

Elifas: Wie het onskuldig te gronde gegaan?

1. Toe sê Elifas die Temaniet:

2. “Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer?Ek kan nie stilbly nie.

3. Jy het self baie mense reggehelpen dié wat moed verloor het, het jy weer moed ingepraat.

4. Jou woorde het dié wat struikel, opgebeur,dié wat wou val, het jy weer opgehelp.

5. Nou het die ramp jou getref, en jy is platgeslaan;dit het jou oorgekom, en jy is verslae.

6. Beteken dit dan vir jou niks dat jy God gedien het nie,gee jou vrome lewe jou geen hoop nie?

7. “Dink daaroor na: het iemand ooit onskuldig te gronde gegaan?Waar is regverdiges ooit uitgewis?

8. Ek het ondervind: dié wat onreg planten moeilikheid saai, oes dit ook.

9. Deur die toorn van God gaan hulle te gronde,deur sy woede gaan hulle tot niet.

10. Hulle is soos leeus,maar hoe 'n leeu ook al brul of grom,as sy tande uitgebreek word,

11. gaan selfs die sterkste leeu dood van die hongeren kom sy kleintjies om.”

Elifas: Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van God?

12. “'n Woord het geheimsinnig by my gekom,my oor het die fluistering daarvan opgevang.

13. In die tyd wanneer ander diep slaap,is ek ontstel deur 'n gesig in die nag.

14. Vrees en angs het my oorval,my liggaam het verskriklik gebewe.

15. 'n Gees het voor my verby gesweef,en my hare het orent gaan staan.

16. “Die gees het stil gaan staan.Hoe hy lyk, kon ek nie sien nie,daar was net 'n gedaante voor my.Dit was stil en toe hoor ek 'n stem:

17. ‘Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die oë van Goden sonder blaam voor sy Maker staan?

18. In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie,voor Hom is selfs sy engele vol gebreke,

19. hoeveel te meer hulle wat in huise van klei woon,mense wat uit stof opgebou is,mense wat soos 'n mot pap gedruk kan word.

20. Tussen oggend en aand word hulle vernietig,hulle verdwyn vir altyd en word vergeet,

21. hulle gaan tot niet,hulle sterf sonder dat hulle wysheid verwerf het.’