hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 42 Afrikaans 1983 (AFR83)

Job: In sak en as

1. Daarna het Job vir die Here gesê:

2. “Nou weet ek dat U tot alles in staat isen dat U kan uitvoer wat U besluit.

3. Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboomsonder dat hy die insig gehad het?Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie:u wonderdade was te groot vir my,ek het dit nie verstaan nie.

4. U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat,Ek sal vra, antwoord jy My.

5. Tot nou toe het ek net gehoorwat mense van U sê,maar nou het ek U self gesien,

6. en nou verag ek myself,nou sit ek vol berou, in sak en as.”

Die Here: Job sal vir julle bid

7. Nadat Hy met Job gepraat het, het die Here vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.

8. Vat sewe bulle en sewe ramme en gaan na my dienaar Job toe en offer dit as 'n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie. Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.”

Job het 'n vol lewe gehad

9. Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here gesê het, en die Here het Job se gebed verhoor.

10. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.

11. Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Elkeen het vir hom 'n stuk silwer en 'n goue ring gegee.

12. Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste: hy het veertien duisend stuks kleinvee, ses duisend kamele, twee duisend beeste en 'n duisend donkies gekry,

13. en ook sewe seuns en drie dogters.

14. Die oudste dogter het hy Jemima genoem, die tweede Kesia en die derde Keren-Puk.

15. Nêrens in die land was daar vroue so mooi soos Job se dogters nie. Hulle pa het hulle saam met hulle broers laat erf.

16. Job het nog honderd en veertig jaar gelewe. Hy het sy kinders en kindskinders tot in die vierde geslag gesien.

17. Job het toe gesterf. Hy was oud en het 'n vol lewe gehad.