hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20 Afrikaans 1983 (AFR83)

Sofar: Die blydskap van die godlose duur net 'n oomblik

1. Toe sê Sofar die Naämatiet vir Job:

2. “Ontsteltenis dwing my om te antwoord,dit maak my haastig om te praat.

3. Ek hoor 'n teregwysing wat my beledig,maar ek wil verstandig daarop antwoord:

4. Weet jy wat vroeër gebeur het,van die tyd af toe die mens op die aarde geplaas is?

5. Jy weet tog dat die vreugde van die goddelose van korte duur is,dat die blydskap van die godlose net 'n oomblik duur?

6. Al sou sy trots tot in die hemel reiken sy kop aan die wolke raak,

7. sal hy soos sy eie uitwerpsel vir altyd vergaan.Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy verdwyn soos 'n droom, hy is nêrens te vind nie,hy raak weg soos 'n gesig in die nag.

9. Die oog wat hom gesien het, sal hom nie weer sien nie,sy plek is vir altyd leeg.

10. Sy kinders sal die armes moet vergoed,met sy eie hande sal hy sy rykdom moet teruggee.

11. Die jeugdige krag van sy liggaamgaan saam met hom die graf in.

12. Hoewel die onreg soet smaak in sy monden hy dit wegsteek onder sy tong,

13. dit opgaar en nie wil laat vaar nie,dit teen sy verhemelte vasdruk,

14. gaan sy kos omdraai in sy maagen in hom word soos die gif van 'n slang.

15. Die ryk kos wat hy verslind het, gaan hy opgooi;God sal hom dit laat opbring.

16. Wat hy drink, is soos slanggif,dit maak hom dood soos die pik van 'n adder.

17. Hy sal nie die strome water geniet nie,nie die strome heuning en dikmelk nie.

18. Wat hy met moeite verwerf het, moet hy teruggee,hy kan dit nie geniet nie,hy sal hom nie verlustig aan die weeldewat hy deur sy besigheid verkry het nie.

19. Hy verdruk mos die armes en los hulle net so,hy vat sommer vir hom 'n huis,hy bou dit nie self nie.

20. Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie,hy kom nie vry van sy hebsug nie.

21. Niks ontsnap sy vraatsug nie,daarom hou sy voorspoed nie stand nie.

22. Met sy oorvloed en al tref 'n ramp hom,kom die swaarkry met volle krag op hom af.

23. Terwyl hy hom nog so vol eet,laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek,oorval God hom met oorlog.

24. Hy vlug nog vir 'n ysterwapen,dan deurboor 'n bronspyl hom.

25. Terwyl hy dit uit sy rug uit trek,die glansende punt uit sy gal,oorval die doodsvrees hom.

26. Al sy skatte is bestem om vernietig te word,'n vuur verteer hom, selfs al word dit nie aangeblaas nie.Dit verbrand wat in sy huis oorbly.

27. Die hemel ontbloot sy sonde,die aarde kom teen hom in opstand.

28. Vloedwater spoel sy huis weg,waterstrome op die dag van God se toorn.

29. Dit is die lot van die mens wat skuldig is voor God,die deel van die een wat hom teen God verset.”