hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here: Het jy die mag wat Ek het?

1. Die Here het weer vir Job aangespreek uit die stormwind uit:

2. “Maak jou reg vir die stryd:Ek sal vra, antwoord jy My.

3. Wil jy my beslissing tot niet maak?Wil jy My skuldig verklaar sodat jy vrygespreek kan word?

4. Het jy die mag wat Ek het?Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek?

5. Tree dan op met jou trots en jou groot mag,handel in jou majesteit en heerlikheid.

6. Laat brand dan jou gloeiende toorn,sien elke trotsaard raak en sit hom op sy plek,

7. sien elke trotsaard raak en verneder hom,trap die goddeloses plat.

8. Begrawe hulle almal,lê hulle weg in die graf.

9. Dan sal Ek teenoor jou erkendat jy jou deur jou eie mag kan red.

10. “Kyk die seekoei:Ek het hom gemaak toe Ek jou gemaak het,hy vreet gras soos 'n bees.

11. Daar is krag in sy liggaam,die spiere in sy lyf is sterk.

12. Sy stert is so reguit soos 'n seder.Sy boudspiere is inmekaar gevleg.

13. Die bene in sy lyf is soos bronspype,soos stukke yster.

14. Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste,net sy Maker kan hom verslaan.

15. Die berge lewer vir hom die wateren al die wilde diere speel daar.

16. Hy lê tussen waterplante,hy skuil tussen die riete in die moeras.

17. Die skaduwee van die waterplante is sy skuiling,rondom hom is rivierpopuliere.

18. As die rivier sterk word, skrik dit hom nie af nie,hy bly rustig al styg die Jordaan hoe hoog.

19. Wie kan hom van voor af pak,wie kan 'n vangtou aan sy neus sit?

20. “Kan jy 'n krokodil met 'n hoek vangof hom 'n tou in die bek sit?

21. Kan jy 'n lyn deur sy neus steekof sy kakebene met 'n hoek vastrek?

22. Sal hy jou soebat om genadeof by jou mooipraat?

23. Sal hy 'n ooreenkoms met jou aangaanom vir altyd jou slaaf te wees?

24. Sal jy hom kan mak maak soos 'n voëltjieof kan jy hom met 'n lyn vasmaak vir jou dogtertjies?

25. Sal handelaars oor 'n prys vir hom kan kibbel?Sal hy onder kopers verdeel kan word?

26. Sal jy harpoene deur sy vel kan gooiof hom met 'n haak aan die kop kan vang?

27. Pak hom gerus met kaal hande:jy sal die geveg onthou,jy sal nie weer probeer nie.

28. Jy sal die slegste daarvan afkom.Wanneer jy hom sien,is jy al klaar oorweldig.