hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die mooiste lied. Van Salomo.

Ons moet sing daaroor dat jy lief is vir my

2. Sy sê: “Hy moet my soen,hy moet aanhou om my te soen!Ja, jy is lief vir my, en dit is lekkerder as wyn.

3. Jy ruik so lekker soos goeie olyf-olie,wanneer ek jou naam hoor,dan is dit soos lekkerruik-olie.Dit is hoekom meisies verlief is op jou.

4. Jy moet my saam met jou neem,ons moet hardloop!Die koning het my na sy kamer gebring.Ons moet juig, ons moet vir almal wysdat ons bly is,ons moet sing daaroor dat jy lief is vir my,dit is lekkerder as wyn.”

Ek is bruin gebrand, maar ek is mooi

5. Sy sê: “Meisies van Jerusalem,ek is bruin gebrand, maar ek is mooi,so mooi soos die tente in die land Kedar,soos die tente van Salomo.

6. Julle kyk na my omdat ek bruin gebrand is,omdat die son my so gebrand het.Julle moenie so na my kyk nie.My broers was kwaad vir my,hulle het gesê ek moet die wingerde oppas,en daarom kon ek nie my vel mooi hou nie.”

Jy moet jou bokkies laat wei by die skaapwagters se tente

7. Sy sê: “Ek is lief vir jou, jy moet vir my vertelwaar jy jou skape en bokke laat wei,waar jy hulle laat rus op die warmste tyd van die dag.Ek wil nie my gesig toemaak en jou soekby jou vriende se troppe skape en bokke nie.”

8. Hy sê: “Jy, mooiste van al die vroue, as jy dit nie kan uitvind nie,dan moet jy loop op die spore van die skape en die bokke,en jy moet jou bokkies laat wei by die skaapwagters se tente.”

Jy dra oorbelle langs jou wange

9. Hy sê: “My liefste, jy is vir my mooi,so mooi soos ’n perdvoor die farao se oorlogkar.

10. Jy dra oorbelle langs jou wangeen kettinkies om jou nek.

11. Ons sal vir jou oorbelle maak van goudmet silwer knoppe daarin.”

Terwyl die koning naby was

12. Sy sê: “Terwyl die koning naby was,het hy my nardus geruik.

13. Die man vir wie ek lief is, is vir mysoos ’n sakkie mirre tussen my borste.

14. Die man vir wie ek lief is, is vir mysoos ’n henna-tros in die wingerdvan die stad En-Gedi.”

15. Hy sê: “My liefste, jy is regtig mooi,regtig, jy is mooi, jou oë is soos duiwe.”

16. Sy sê: “Man vir wie ek lief is, jy is regtig mooi,jy is ook pragtig, en ons bed is ook mooi,ons bed is onder die groen blare.

17. Ons huis se balke is die sederbome,die planke in ons dak is die sipresbome.”