hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3 Bybel vir Almal (ABA)

Het julle die man gesien vir wie ek lief is?

1. Sy sê: “Toe ek in my bed soek na die manvir wie ek lief is,toe ek hom soek in die nag,het ek hom nie gekry nie.

2. Ek het gesê ek wil opstaanen in die stad rondloopop die strate en die oop stukke grond,ek wil soek na die man vir wie ek lief is.Ek het na hom gesoek,maar ek het hom nie gekry nie.

3. Die polisie het my daar gekry.Ek het vir hulle gevra:‘Het julle die man gesien vir wie ek lief is?’

4. Toe ek by hulle verbygeloop het,het ek die man gekry vir wie ek lief is.Ek het hom vasgehou, ek het hom nie gelos nietotdat ek hom na my ma se huis gebring het,na die kamer waar ek gebore is.

5. Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe,en die gaselle en die takbokke in die veldmoet die getuies wees,julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maaken nie sal pla nie.Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluitwat om te doen.”

Julle moet kom kyk na koning Salomo

6. Hy sê: “Wie is sy wat daar uit die woestyn komsoos ’n rookwolk?’n Mens kan die mirre en die wierook ruik,en al die goed wat lekker ruikwat die handelaars verkoop.

7. Kyk, dit is die dra-stoel van koning Salomo!Daar is 60 spesiale manne rondom die dra-stoel,dit is 60 van die spesiale manne van Israel.

8. Elke man het ’n swaard, hy weet hoe om oorlog te maak,elke man dra sy swaard langs sy heup,elke man is gereed vir die gevaarlike dinge in die nag.

9. Koning Salomo het sy troon laat maakvan hout uit die Libanon-berg.

10. Die pote van die troon is van silwer,die rug is van goud,en die kussing is van pers wol.Die vroue van Jerusalem het die kussing geborduur,want hulle is lief vir die koning.

11. Vroue van Sion, julle moet kom kyk na koning Salomo,hy dra die kroon wat sy ma op sy kop gesit hetdie dag toe hy getrou het, die dag toe hy baie bly was.”