hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 6 Bybel vir Almal (ABA)

Ons sal saam met jou soek

1. Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue,waarnatoe het die man gegaan vir wie jy lief is?Waarnatoe is die man vir wie jy lief is?Ons sal saam met jou soek.”

Hy het afgegaan na sy tuin

2. Sy sê: “Die man vir wie ek lief is,het afgegaan na sy tuin,na die kruie-tuin, om soos ’n takbokin die tuine te weien om blomme te pluk.

3. Ek behoort aan die man vir wie ek lief is,en hy is myne, hy wat tussen die blomme wei.”

Jy is so mooi dat ek bang word vir jou

4. Hy sê: “My liefste, jy is so mooisoos die stad Tirsa,so mooi soos die stad Jerusalem,so mooi dat ek bang word vir jou.

5. Jy moenie na my kyk nie,jou oë maak my senuweeagtig.Jou hare is soos ’n trop bokkewat afkom teen Gilead-berg.

6. Jou tande is so wit soos ’n trop skaap-ooiewanneer iemand hulle gewas het.Elke ooi het tweeling-lammers,en almal het lammers.

7. Jou wange is soos stukke granaatagter jou sluier.

8. “Die koning het 60 vroue en 80 byvroueen so baie jong vroue dat ’n mens hulle nie kan tel nie.

9. Maar daar is net een vrou soos sy,sy is my duif,alles aan haar liggaam is perfek.Sy is die enigste dogter van haar ma,sy is die een vir wie haar ma baie lief is.Wanneer die ander jong vroue haar sien,dan sê hulle sy is gelukkig,die vroue en die byvroue van die koning prys haar.

10. Hulle sê: ‘Wie is dit wat na ons toe komsoos ’n nuwe dag, so mooi soos die maan,so helder soos die son?Sy is so mooi dat ons bang word vir haar.’ ”

11. Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaanom te kyk na die groen plante in die vallei,om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kryen of daar blomme aan die granaatbome is.

12. Ek weet nie wat met my gebeur het nie.Dit het gevoel of sy my laat ryop my volk se beste oorlogkarre.”

13. Die vroue sê: “Sulammitiese vrou,jy moet terugkom, jy moet terugkom!Jy moet terugkom, jy moet terugkom,ons wil jou sien!”Sy sê: “Hoekom wil julle kyk na my,die Sulammitiese vrou,hoekom wil julle kyk wanneer ek dansin die soldate-kamp?”