hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 2 Bybel vir Almal (ABA)

Soos ’n blom tussen dorings

1. Sy sê: “Ek is die affodil van Saron,die blom van die valleie.”

2. Hy sê: “My liefste,wanneer jy tussen die jongmeisies is,dan is jy soos ’n blom tussen dorings.”

3. Sy sê: “Wanneer die man vir wie ek lief is,tussen die jongmans is,dan is hy soos ’n appelboomtussen die bome in die bos.Ek wil graag in sy skaduwee sit,sy appels is soet in my mond.”

’n Plek waar ons kon feesvier

4. Sy sê: “Hy het my geneem na ’n plekwaar ons kon feesvier,hy het vir my gewys dat hy lief is vir my.

5. Jy moet vir my rosyntjies geeom my sterk te maak,jy moet vir my appels gee,sodat ek nuwe krag kan kry,want ek het swak geword van liefde.

6. Sy linker-arm is onder my kop,sy regter-arm is om my lyf.

7. Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe,en die gaselle en die takbokke in die veldmoet die getuies wees,julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maaken nie sal pla nie.Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluitwat om te doen.”

Dit is die tyd om te sing

8. Sy sê: “Ek hoor die man vir wie ek lief is,kyk daar, hy kom, hy gaan teen die berge op,hy spring oor die heuwels.

9. Die man vir wie ek lief is,is soos ’n gasel, soos ’n jong takbok.Kyk daar, hy staan anderkant ons muur,hy kyk deur die vensters,hy loer deur die tralies.

10. Die man vir wie ek lief is, begin praat,hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste,jy moet opstaan, jy moet kom.

11. Want kyk, die winter is verby,dit reën nie meer nie.

12. Daar is weer blomme in die veld,dit is nou die tyd om te sing,ek hoor die duiwe koer in ons land.

13. Die vyeboom laat sy vye groot word,jy kan ruik dat die wingerdstokkeblomme kry.My liefste, my mooiste,jy moet opstaan, jy moet kom.

14. Jy is soos ’n duif tussen die rotse,’n duif wat wegkruip teen die hoë rotse,ek wil jou sien, ek wil jou hoor,jou stem is mooi en jy is mooi.’ ”

Die klein jakkalsies wat aan die wingerdstokke vreet

15. Sy sê: “Julle moet vir ons die jakkalse vang,die klein jakkalsies wat aan die wingerdstokke vreet,ons wingerdstokke wat nou begin blomme kry.

16. Die man vir wie ek lief is, is myne, en ek is syne,hy is soos ’n takbok wat wei tussen die blomme

17. totdat die aandwind waai en die skaduwees weg is.Jy, man vir wie ek lief is, jy moet terugkom,jy moet wees soos ’n gasel,soos ’n jong takbok op die Beter-berge.”