hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hy sê: “My suster, my bruid, ek kom na my tuin,ek pluk my mirre saam met my kruie,ek eet my heuningkoek saam met my heuning,ek drink my wyn saam met my melk.”Vriende, julle moet eet, vriende, julle moet drink,julle moet dronk word van die liefde.

Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie

2. Sy sê: “Ek het geslaap, maar my harthet wakker gebly.Ek hoor toe dat die man teen die deur klop,die man vir wie ek lief is,hy het gesê: ‘My suster, my liefste,my duif, jy is perfek.Jy moet die deur vir my oopmaak,my kop is nat van die dou,my hare het nat geword in die nag.’

3. Ek het geantwoord: ‘Ek het al klaarmy rok uitgetrek,hoekom moet ek weer aantrek?Ek het klaar my voete gewas,hoekom moet ek hulle weer vuil laat word?’

4. Maar toe het die man vir wie ek lief is,sy hand deur die gat in die deur gesteek,en toe begin my hart vinnig klop oor hom.

5. Ek het opgestaan om die deur oop te maakvir die man vir wie ek lief is.Toe my hande aan die deur se slot raak,het die mirre afgedrup van my hande,het die mirre afgeloop van my vingers.

6. Ek het die deur oopgemaak vir die manvir wie ek lief is,maar toe was hy nie daar nie, hy was weg!Ek het gedink ek sal hom volg,ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie,ek het hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie.

7. Die polisie wat in die stad loop, het my gekry,hulle het my geslaan en seergemaak,die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk.

8. Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe:Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is,dan moet julle vir hom sê ek is so lief vir homdat ek siek geword het.”

Hoe lyk die man vir wie jy lief is?

9. Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue,hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?Jy sê ons moet dit belowe,maar hoe lyk die man vir wie jy lief is?Lyk hy anders as ander mans?”

Julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans

10. Sy sê: “Die man vir wie ek lief is,se vel is lig en gesond,julle sal hom ken tussen tien duisend ander mans.

11. Sy voorkop lyk soos skoon goud,sy lang krulhare is so swart soos ’n kraai.

12. Sy oë lyk soos duiwe langs riviere,duiwe wat so wit is soos melken wat by die water sit.

13. Sy wange lyk soos ’n tuin vol kruiewat baie lekker ruik.Sy lippe lyk soos blomme, mirre drup van sy lippe af.

14. Sy arms lyk soos goud,goud waarin daar mooi klippies vassit.Sy liggaam lyk soos marmer,marmer waarin daar saffiere vassit.

15. Sy bene lyk soos marmer-pilarewat op goue voetstukke staan.Hy lyk soos die Libanon-bergwaar die beste sederbome groei.

16. Sy mond smaak soet,en alles aan hom is mooi.Vroue van Jerusalem, dit is die manvir wie ek lief is, dit is my vriend.”