Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. As diewe in die nag inbreek, vat hulle nie alles nie. Die mense wat druiwe pluk, los van die trossies oor. Maar jou vyande sal jou heeltemal uitwis!

6. Elke hoek en kant van Edom sal deursoek word. Alles wat waardevol is, sal gevat word.

7. Al jou bondgenote sal teen jou draai. Hulle sal help om jou uit jou eie land te verjaag. Hulle maak beloftes van vrede terwyl hulle jou ondergang beplan. Mense wat van jou afhanklik was, sal vir jou ’n lokval stel sonder dat jy enigiets vermoed.”

8. Die Here sê: “Die dag as dit gebeur, sal daar nie meer ’n enkele verstandige mens in die hele Edom oor wees nie! Ek sal al die slim en verstandige mense uitwis in die berggebiede vanEdom.

9. Jou dapper soldate uit Teman sal vreesbevange wees en al die mense bo in die berge van Edom sal doodgemaak word.”

10. “Hoekom sal dit gebeur? Omdat jy gewelddadig wasteenoor Israelwat eintlik jou bloedverwante is. Die vernedering daaroor sal jy vir altyd moet dra. Jy sal heeltemal uitgewis word.

11. Toe Israel ’n tyd beleef het toe hulp regtig nodig was, het jy jou bloedverwante in die steek gelaat. Jy het afsydig gestaan en toekyktoe vreemde invallers Jerusalem binnegeval het. Jy het nie ’n vinger gelig om te helptoe hulle rykdom weggedra en lootjies getrek het om die stad te verdeel nie. Jy het soos een van Israel se vyande opgetree.

Lees volledige hoofstuk Obadja 1