Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal wordvir alles wat jy aan ander gedoen het.

16. My volk moes op my heilige bergdie beker van straf drink.Net so sal jy en die nasies in die omgewing die straf moet drink wat Ek op julle gaan uitstort. Die nasies sal drink en rondslinger, totaal uit die geskiedenis verdwyn.Dit sal wees asof jullenooit bestaan het nie.

17. “Jerusalem sal ’n toevlugsoord wees. Dit sal ’n heilige plek wees. Die mense van Israelsal weer terugkom om hulle erfdeel op te eis.

18. “Ek, die Here sê: Israel sal wees soos vuur en Josef se nageslag soos ’n vlam wat brand. Edom sal wees soos ’n veld vol droë gras. Die vuur sal versprei soos ’n veldbrand en alles verteer. Niemand van die mense van Edom sal oorleef nie.

19. Die mense wat in die Suidland bly, sal die berglande van Edom beset. Dié wat kom van die heuwelsvan Juda sal die Filistyne se kusvlakte kry. Nog ander sal die velde van Efraim oorneemen ook dié van Samaria.Die mense van Benjamin sal die Gileadgebied inpalm.

20. Die mense van Israel sal uit ballingskap na hulle land toe terugkom. Hulle sal Kanaän tot so ver noord soos Sarfat in besit neem. Mense wat uit Jerusalem weggevat is en nou ballinge is in Sefarad, sal na hulle land toe terugkom en weer kom woon in die dorpe van die Suidland.

21. Die bevryders van Jerusalem sal na die Sionsberg toe gaanen oor die bergland Edom regeer. Die Here sal Koning wees!”

Lees volledige hoofstuk Obadja 1