Ou Testament

Nuwe Testament

Maleagi 1:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Maleagi ’n boodskap gegee om aan Israel oor te dra.

2. Die Here sê: “Ek het julle lief.”Julle reaksie was: “Hoe het U ons liefgehad?”Hierop het die Here geantwoord: “Is Esau nie Jakob se broer nie? Tog het Ek Jakob liefgehad,

3. maar Esau verwerp. Ek het sy heuwelagtige grondgebied verlate gemaak en sy erfdeel verander in ’n woestyn, bestem vir jakkalse.”

4. Toe het Esau se afstammelinge, die mense van Edom hierop gereageer en gesê: “Ons is platgeslaan, maar ons sal die bouvalle weer opbou.” Die Here, die Almagtige, het so daarop geantwoord: “Hulle kan maar probeer om herstelwerk te doen. Ek sal dit net weer vernietig! Hulle land sal bekend staan as ‘Die Land van Boosheid’ en die volk as ‘Die volk vir wie die Here vir altyd kwaad sal wees’.

5. As julle die vernietiging met julle eie oë sien, sal julle sê: ‘Die grootheid van die Here strek baie verder as ons landsgrense!’”

6. Vir die priesters sê die Here, die Almagtige:“’n Seun eer sy paen ’n slaaf sy meester.Ek is julle Vader en julle Meester, maar waar is die eer en respekwat My toekom? Julle het My geminag! Maar julle vra:‘Op watter wyse het ons U geminag?’

7. Julle bring vir My offers van voedsel wat besoedeld is.Dan vra julle: ‘Hoe het ons u offer onrein gemaak?’Julle het dit gedoen deur te sê die Here se altaarkan maar geminag word.”

Lees volledige hoofstuk Maleagi 1