Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 12:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier volg nou die name van die konings aan die oorkant van die Jordaan wat die Israeliete verslaan het en van wie die lande verower is. Hulle gebied was vanaf die Arnonvallei tot by Hermonberg. Dit sluit die hele deel oos van die Jordaanvallei in:

2. Koning Sihon van die Amoriete het in Gesbon gebly. Hy het geheers van Aroër af aan die kant van die Arnon, deur die middel van die vallei, tot aan die Jabbokspruit waar die Ammoniete se gebied begin. Dit is die helfte van Gilead se gebied aan die noordekant van die Jabbok.

3. Hy was ook in beheer van die oostelike deel van die Jordaanvallei, van die See van Galilea af suid tot by die Soutsee, en verder in die rigting van Bet-Jesimot en suidwaarts van onderkant die Pisgahange af.

4. Koning Og van Basan was een van die laaste Refaïete. Hy het in Astarot en Edreï regeer.

5. Die gebied waaroor hy geheers het, was vanaf Hermonberg na Salka in die noorde en die hele Basan in die ooste. Na die weste was dit tot aan die grens van Gesur en Maäka. Sy deel was die noordelike deel van Gilead tot aan die grens van die gebied van koning Sihon van Gesbon.

6. Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het hierdie twee konings verslaan. Moses het die gebied aan die stamme Ruben, Gad en die halwe Manassestam as erfgrond gegee.

Lees volledige hoofstuk Josua 12