Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “In dié tyd sal die vyand die grafte oopmaak. Hulle sal die geraamtes van die konings van Juda en die leiers uit die grafte haal, asook die geraamtes van die priesters, die profete en die gewone mense van Jerusalem.

2. Hulle sal hierdie bene uitsprei onder die son, die maan en die sterre. Hulle het mos die son, die maan en die sterre as gode liefgehad, gedien en aanbid! Hulle sal die bene nie weer bymekaarmaak en begrawe nie. Dit sal soos mis bo-op die grond bly lê.

3. Almal wat dalk nog oorleef, sal verkies om eerder dood te wees as om daar te bly lewe waarheen Ek hulle wegjaag.” Dit is wat die Here, die Almagtige, sê!

4. “Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die Here, sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ’n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?

5. Waarom hou hierdie volk aan om af te dwaal? Hoekom hou Jerusalem aan om My te bedrieg?Hoekom weier hulle om terug te kom?

6. Ek het fyn geluister na hulle gesprekke. Hulle praat nie die waarheid nie. Nie eers een van hulle is spyt oor die dingewat hulle doen nie. Niemand van hulle sê: ‘Wat het ek aangevang!’ nie.Nee, hulle storm in sonde voort, soos ’n perd injaag in ’n geveg!

7. Die trekooievaar in die lugweet wanneer om te kom, die tortelduif en die swaeltjieweet wanneer dit tyd is om te vlieg,maar my volk ken nie die vereistes van die Here nie.

8. Hoe kan julle dan sê: ‘Ons het wysheid, want ons het die Here se gebooie by ons’?Maar hulle wat die voorskrifte neerskryf,pleeg bedrog en vervals die gebooie.

9. Julle wyse mense sal in die skande kom, want hulle is verward en vasgevang in hulle eie manier van dink. Hulle het die Here se woord verwerp.Hoe wys is hulle werklik?

10. Ek sal hulle vroue en grondvir invallers gee, want almal van my volk, klein en groot, bedrieg om te kry wat nie aan hulle behoort nie. Selfs die priesters en die profete doen sulke oneerlike dinge.

11. Hulle pogings om my volk se wonde te genees, is oppervlakkig. Hulle sê: ‘Vrede, vrede,’terwyl daar geen vrede is nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 8