Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers, die herders van my volk. Hulle het my mense wat hulle moes versorg, uitmekaar laat spat en laat afdwaal.”

2. Omdat dit so is, sê die Here, die God van Israel, vir hierdie leiers: “Julle het my mense soos skape uitmekaar laat spat. Julle was veronderstel om na hulle om te sien, maar julle het hulle weggedryf. Daarom sal Ek julle straf vir al die kwaad wat julle gedoen het.

3. Daar is van my mense wat oorleef het in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak en hulle na hulle eie land toe terugbring. Hulle sal baie kinders hê en weer groei in getalle.

4. Dan sal Ek nuwe leiers voorsien wat na hulle sal omsien. Hulle hoef nooit weer bang of verskrik te wees nie. Nie een van hulle sal verlore raak nie,” sê die Here.

5. Die Here sê verder: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek weer ’n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat reg geskied en almal in die land regverdige behandeling ontvang.

6. “Sy naam sal wees: ‘Die Here is ons geregtigheid.’ Terwyl hy regeer, sal Juda vrykom van al hulle vyandeen Israel sal veilig leef.”

7. Die Here sê verder: “Mense lê gewoonlik ’n eed af en sê: ‘So waar as die Here, wat die mense van Israel uit Egipte bevry het, leef.’ Maar ’n tyd kom dat dit nie meer sal gebeur nie.

8. In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as wat die Here lewe wat die mense van Israel na hulle eie land toe teruggebring het uit die land in die noorde en al die lande waar hulle in ballingskap was.’ Dan sal hulle weer in hulle eie land lewe.”

9. My hart is stukkendoor al die vals profete en ek beweso groot as wat ek is. Ek slinger rond soos ’n mens wat dronk is van te veel wynoor die heilige woorde van die Here.

10. Die land is vol ontroue mense.Daar rus ’n vloek op die land,sodat die land in rou gedompel is en die weiding verdroog.Want die profete tree boos op en misbruik hulle mag.

11. “Die priesters is net so goddeloos soos die profete. Ek het gesien wat hulle selfs in my tempel aanvang,”sê die Here.

12. “Daarom sal hulle lewenspaaie glad en donker wees. Hulle sal verjaag word op donker en verraderlike paaiewaarop hulle sal val. Ek sal ellende oor hulle bringin die jaar van my straf,Ek, die Here, het dit gesê.

13. “Ek het gesien dat die profete van Samaria’n walglike ding doen. Hulle profeteer wat Baäl sê. So lei hulle my volk Israel op ’n dwaalpad.

14. Maar nou sien Ek dat die profete van Jerusalem nog erger dinge doen. Hulle is ontrou en leef vals.Mense wat verkeerd doen,moedig hulle aan om daarmee aan te hou.’n Mens sou eerder verwag dathulle mense sou aanmoedigom op te hou om verkeerd te doen. Hulle is niks beter as die mense van Sodom en Gomorra nie!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23