Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8:29-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Julle moet hierdie geskenke goed oppas totdat julle dit by die stoorplekke by die tempel van die Here in Jerusalem oorhandig. Daar mag geen verliese wees wanneer julle dit aan die priesters, die Leviete en die leiers van Israel oorhandig nie.”

30. Die priesters en die Leviete het die taak om hierdie geskenke na die tempel van ons God in Jerusalem te vervoer, aanvaar.

31. Op 19 April het ons van die Ahawakanaal vertrek om na Jerusalem te gaan. Ons God het ons beskerm. Hy het ons op ons reis gered van ons vyande en van hinderlae.

32. Toe ons in Jerusalem aangekom het, het ons vir drie dae daar gerus.

33. Op die vierde dag het hulle die silwer, goud en die ander kosbare voorwerpe by die tempel van ons God geweeg. Dit is toe in die hande gelaat van Meremot seun van Urija die priester, en Eleasar seun van Pinehas. Nog twee Leviete, Josabad die seun van Jesua en Noadja seun van Binnuï, was saam met hulle.

34. Soos hulle dit oorhandig het, het hulle alles getel en geweeg en die totale gewig opgeskryf.

35. Die bannelinge wat teruggekom het uit die land waar hulle gevange gehou was, het toe brandoffers vir die God van Israel gebring. Hulle het twaalf bulle vir die hele Israel geoffer, verder ook 96 skaapramme en 77 lammers. Hulle het ook nog twaalf bokramme as ’n sonde-offer gebring. Hulle het al hierdie brandoffers tot eer van die Here gebring.

36. Daarna het hulle die geskrewe opdragte van die koning vir sy senior amptenare en die goewerneurs van die provinsie wes van die Eufraatrivier gegee. Hierdie mense het van toe af hulle ondersteuning aan die volk en die tempel van God gegee.

Lees volledige hoofstuk Esra 8