Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. As julle deel is van sy volk, mag julle teruggaan na Jerusalem in Juda om hierdie tempel van die Here, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is, te gaan herbou. Mag God by julle wees!

4. Van die mense van Juda wat nog in ander gebiede oorbly, se bure moet hulle deel bydra om te help dra aan die uitgawes van dié wat wil teruggaan. Hulle moet silwer en goud, voorraad vir die terugtog en vee voorsien, asook vrywillige offers vir die tempel vir God in Jerusalem.”

5. God het toe die gesindheid van die priesters en die Leviete, en ook van die stamleiers van Juda en Benjamin beïnvloed om na Jerusalem toe terug te gaan om die tempel van die Here te herbou.

6. Al hulle bure het hulle bygestaan deur vir hulle voorwerpe van silwer en goud te gee. Hulle het ook voorraad en vee vir die terugtog voorsien. Bo en behalwe alles wat hulle vrywillig aan hulle gegee het, het hulle ook waardevolle geskenke saamgegee.

7. Koning Kores het self ook waardevolle voorwerpe gegee. Dit was die voorwerpe wat Nebukadnesar voorheen uit die tempel van die Here in Jerusalem gevat het en in die tempel van sy eie gode gesit het.

8. Kores het aan Mitredat, die tesourier van Persië, opdrag gegee om die voorwerpe te tel en aan Sesbassar te gee. Sesbassar was die leier van die ballinge wat op pad was terug na Juda toe.

9. Die voorwerpe wat Kores geskenk het, was soos volg: goue skinkborde 30, silwerbakke 1 000, silwermesse 29,

Lees volledige hoofstuk Esra 1