hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die eerste jaar wat Kores koning van Persië was, het die Here die belofte wat Jeremia gebring het, vervul. Die Here het gesorg dat Kores koning van Persië ’n besluit neem, dit neerskryf en deur sy hele ryk sirkuleer. Die besluit was soos volg:

2. “So sê Kores koning van Persië: Die Here, die God van die hemel, het my beheer oor al die koninkryke van die aarde gegee. Hy het my aangestel om vir Hom ’n tempel in Jerusalem in Juda te bou.

3. As julle deel is van sy volk, mag julle teruggaan na Jerusalem in Juda om hierdie tempel van die Here, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is, te gaan herbou. Mag God by julle wees!

4. Van die mense van Juda wat nog in ander gebiede oorbly, se bure moet hulle deel bydra om te help dra aan die uitgawes van dié wat wil teruggaan. Hulle moet silwer en goud, voorraad vir die terugtog en vee voorsien, asook vrywillige offers vir die tempel vir God in Jerusalem.”

5. God het toe die gesindheid van die priesters en die Leviete, en ook van die stamleiers van Juda en Benjamin beïnvloed om na Jerusalem toe terug te gaan om die tempel van die Here te herbou.

6. Al hulle bure het hulle bygestaan deur vir hulle voorwerpe van silwer en goud te gee. Hulle het ook voorraad en vee vir die terugtog voorsien. Bo en behalwe alles wat hulle vrywillig aan hulle gegee het, het hulle ook waardevolle geskenke saamgegee.

7. Koning Kores het self ook waardevolle voorwerpe gegee. Dit was die voorwerpe wat Nebukadnesar voorheen uit die tempel van die Here in Jerusalem gevat het en in die tempel van sy eie gode gesit het.

8. Kores het aan Mitredat, die tesourier van Persië, opdrag gegee om die voorwerpe te tel en aan Sesbassar te gee. Sesbassar was die leier van die ballinge wat op pad was terug na Juda toe.

9. Die voorwerpe wat Kores geskenk het, was soos volg: goue skinkborde 30, silwerbakke 1 000, silwermesse 29,

10. goue bakke 30, silwerbakke 410, ander voorwerpe 1 000.

11. In totaal is daar 5 400 voorwerpe van goud en silwer aan Sesbassar gegee om na Jerusalem toe terug te vat wanneer die ballinge uit Babel daarheen sou terugkeer.