Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 4:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Honger en hongersnoodhet Ek in elke dorp gebring.Nogtans het julle nie na My toe teruggekeer nie.

7. “Ek het gesorg dat dit nie reën wanneer julledit die nodigste het nie.Ek het vir een dorp reën gegee,en dit van ’n ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n ander een het uitgedroog.

8. Mense van twee of drie dorpehet na ’n stad toe gesteier om water te drink, maar sonder sukses.Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.”Dit is wat die Here sê.

9. “Ek het julle tuine verskroei en julle wingerde met roes getref.Julle vyebome en olyfbomehet die sprinkane afgevreet.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie na My toe teruggekeer nie.

10. “Ek het plae oor julle laat komsoos destyds oor Egipte.Ek het julle jong mansin die oorlog laat sterf en julle perde afgemaai.Die reuk van dood het oor julle gehang.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie teruggekeer na My toe nie.

11. “Ek het julle dorpe verwoes soos Ek Sodom en Gomorra verwoes het.Dié wat oorleef het, was soos ’n stuk hout wat uit ’n vuur gepluk is. Nogtans wou julle steeds nie na My toe terugkeer nie.” Dit is wat die Here sê.

12. “Daarom, Israel, sal Ek al hierdie dinge wat Ek gesê hetmet jou laat gebeur.Staal jou, Israel, om jou God te ontmoet!”

13. Weet dit: Hy is die Een wat die berge vorm,die wind skep,en sy gedagtes aan mense bekendmaak.Hy verander die oggendlig in donkerte.Hy loop op die bergtoppevan die aarde.Sy Naam is: Die Here God, die Almagtige!

Lees volledige hoofstuk Amos 4