hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9

Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Israel leer nie

1. Luister na hierdie boodskap, ryk vroue van Samaria. Julle leef in weeldesoos vet koeiewat in Basan wei.Julle buit die armes uit en vertrap behoeftige mense.Julle sê vir julle mans: “Skink sodat ons kan drink!”

2. Die oppermagtige Herehet ’n eed geneem:“Die dag sal komwanneer hulle julle aan hoeke sal wegsleep, elkeen van julle soos ’n vis aan ’n hoek!

3. Julle sal reguit deur die openingein die stadsmuur gaan.Hulle sal julle wegvatna Hermonberg toe.”Dit is wat die Here sê!

4. “Kom na Bet-El en oortree daar teen God.Gaan na Gilgal en doen nog meer kwaad.Bring julle offers in die môre,gee elke derde dag julle tiendes.

5. Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers!Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!Dit is wat die oppermagtige Here sê!

6. “Honger en hongersnoodhet Ek in elke dorp gebring.Nogtans het julle nie na My toe teruggekeer nie.

7. “Ek het gesorg dat dit nie reën wanneer julledit die nodigste het nie.Ek het vir een dorp reën gegee,en dit van ’n ander weerhou. Een stuk grond het reën gekry, ’n ander een het uitgedroog.

8. Mense van twee of drie dorpehet na ’n stad toe gesteier om water te drink, maar sonder sukses.Nogtans het julle nie na My teruggekeer nie.”Dit is wat die Here sê.

9. “Ek het julle tuine verskroei en julle wingerde met roes getref.Julle vyebome en olyfbomehet die sprinkane afgevreet.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie na My toe teruggekeer nie.

10. “Ek het plae oor julle laat komsoos destyds oor Egipte.Ek het julle jong mansin die oorlog laat sterf en julle perde afgemaai.Die reuk van dood het oor julle gehang.Nogtans,” sê die Here, “het julle nie teruggekeer na My toe nie.

11. “Ek het julle dorpe verwoes soos Ek Sodom en Gomorra verwoes het.Dié wat oorleef het, was soos ’n stuk hout wat uit ’n vuur gepluk is. Nogtans wou julle steeds nie na My toe terugkeer nie.” Dit is wat die Here sê.

12. “Daarom, Israel, sal Ek al hierdie dinge wat Ek gesê hetmet jou laat gebeur.Staal jou, Israel, om jou God te ontmoet!”

13. Weet dit: Hy is die Een wat die berge vorm,die wind skep,en sy gedagtes aan mense bekendmaak.Hy verander die oggendlig in donkerte.Hy loop op die bergtoppevan die aarde.Sy Naam is: Die Here God, die Almagtige!